Sal dit nie onvergeetlik wees om ’n wonderwerk te sien gebeur en ’n engel te ontmoet nie, het ek gedink. Dit was ’n kinderdroom. Daar word ek toe groot saam met ’n engel onder my neus en ek weet dit nie eens nie: My sussie, die surrogaatma van my twee wonderwerk-babas.

Ná tien jaar, nege miskrame en baie traumas en dramas hou ek nou my tweeling in my arms. Ek kry nie
genoeg van hul gesiggies nie. My geluk is groot.

Dit was die ongelooflikste reis saam met my engel-suster. Die baie inspuitings, die teleurstelling toe die
behandelings nie werk nie, die aanhou probeer, die deur-die-dak-spring-gevoel toe die sonarwys daar’s twee.

En daarna die baie gesels, die opgewondenheid op pad teater toe en die ongelooflike oomblik toe ek daardie twee koppies sien. Wys jou, nie net in die Bybelse tyd was daar engele en wonderwerke nie.
Christelle Oosthuizen, Riversdal