Almal het asem opgehou toe klein Duney Ludick op 24 November by die Sandton Mediclinic-teater vir haar 8ste groot operasie in net 10 maande gegaan het.

Dunay Nortjé (Kurt Darren se verloofde), na wie klein Duney genoem is, het ná sy van Baba Duney se storie gehoor het, besluit om geld in te samel vir dié groot operasie. Lees hier hoe hulle dit gedoen het. Duney is gebore met Vacterl TOF OA, 'n rare sindroom waar 'n babatjie se esofagus (slukderm) en tragea (lugpyp) verbind is, met die gevolg dat kos of melk in die longe beland.

Die doel van die operasie was om die lekkasies te herstel. Intussen sterk Duney aan na sy nóg 'n operasie ondergaan het.

Haar ma, Mariska Ludick, het ons op sarie.com laat weet:

"Hi almal! Duney het na daai eerste operasie nog een gekry sy's nog in die NICU, maar gaan goed. Ons is darem van die suurstof af en gaan vandag weer vir 'n scan om te sien of sy nog aspireer. BAIE dankie vir almal se boodskappies en ondersteuning... Dunay, jy is 'n ongelooflike mens en moet dit nooit vergeet nie. Mense, julle moet beleef hoe hierdie vrou sterk staan in haar eie lewe en dan nog uitreik na ander. Dankie aan almal! Regtig! Ons waardeer dit opreg en asseblief, glo my, as ek dankie sê. Dit voel nie altyd genoeg nie." 

Na die scan:

"Jammer julle, maar Duney aspireer nogsteeds. Ons het nou net bariumsluk gedoen. Dokters gaan nog daarna kyk, ons sal julle laat weet wat's volgende."

Lees die volledige storie hier