Dunay Nortjé (Kurt Darren se verloofde), na wie klein Duney genoem is, het ná sy van Baba Duney se storie gehoor het, besluit om geld in te samel vir dié groot operasie. Lees hier hoe hulle dit gedoen het. Duney is gebore met Vacterl TOF OA, 'n rare sindroom waar 'n babatjie se esofagus (slukderm) en tragea (lugpyp) verbind is, met die gevolg dat kos of melk in die longe beland. Gisteraand se operasie se doel was om die lekkasies te herstel.

"Dokters het haar 'n skraal kans op oorlewing gegee en gesê dat sy vir byna 6 maande op 'n ventilator sal moet bly, of minstens 2 weke. En wonder bo wonder toe Baba Duney uit die teater kom, het sy self asemgehaal. Dis net ongelooflik!" het Dunay vanoggend gesê.

"Op die oomblik is sy net aan 20% suurstof gekoppel. Die dokters het gesê die operasie was veel moeiliker as wat hulle verwag het. Hulle het die belangrikste prosedures afgehandel, en hoewel daar nog werk was, wou hulle nie vir klein Duney so lank onder narkose hou nie.

"Sy gaan vir 3 dae onder verdowing bly, want sy het te veel pyn," het Dunay gesê.

Duney se ma, Mariska, het die volgende op Facebook laat weet:

"Hi almal dit gan goed met duney sy op so 20 persent suurstof ma dis net om ha te help want sy kry morfien ens. dis die kritieke 72ure en ons bid dat sy nie die vent gan benodig nie! dankie almal wat vir ha bid en ons ondersteun! dankie vir die wat fondse insamel God seen jul hartlik ons sou dit nie kon dun sner almal van jul ni!"

Julle het aanhou gee "'n Mens sou dink dat mense nou sou ophou gee omdat ons al die geld bymekaar kon kry, maar steeds stroom die donasies in. Mense hou aan gee," het Dunay gesê.

Dunay Nortjé en Baba Duney

Só kan jy help

Jy kan 'n donasie aan die Duney-hulpfonds skenk
Rekeningbesonderhede:
Duney Hulpfonds
Standard Bank
Lichtenburg-tak: 052539
Rekeningnommer: 284363219
Spaarrekening
OF Besoek haar Facebook-blad en versprei die nuus.