Aan al die SARIE-lesers, ek wil net graag dankie se vir al die mooi wense en komplimente wat ek ontvang.  Ek het nie verwag dat almal my so heelhartig sal ondersteun nie.  Dit is vir my ‘n riem onder die hart dat ek soveel mense kon inspireer met my storie.  Die lesers kom al inderdaad ‘n lang pad saam met my en my gewigskwessies, en ek waardeer die deurgaande belangstelling.  Aan almal daarbuite wat ook die gewigmonster wil aanpak, vasbyt en sterkte, ek hoop dat die keer vir julle ook die laaste keer sal wees! Groete, Bertha