Haai Engel Hiermee my verklaring op 26 Januarie 2009:

Ek het jou lief! Ek was nog nooit so lief vir enigiemand in my lewe nie. Ek wil eendag jou vrou wees. Ek wil vir die res van my lewe lief wees vir jou. Ek kan myself nie ’n lewe indink sonder jou nie. Ek wil saans langs jou aan die slaap raak en soggens langs jou wakker word. Ek wil hê jy moet die laaste ding wees wat ek sien wanneer ek my oë toemaak en die eerste ding wat ek sien wanneer ek dit oopmaak! Ek wil vir jou sorg, vir jou kos kook (ek sal leer) en ons huisie mooi maak. Ek wil jou gelukkig maak en die res van my lewe met jou deel! Ek wil jou laat lag en in jou arms lê! Ek wil wees wat jy as man verdien. 

Ek sal lewe, eerste vir God, en dan vir jou. Ek wil jou bystaan in alles en ek wil jou regterhand wees, jou ander helfte. Jy laat my hart vinniger klop, en ek hoop die gevoel bly vir altyd! 

As jy maar net weet hoe gelukkig jy my maak. As jy maar net weet hoe lank ek al wag vir iemand om my te laat voel soos jy my laat voel! Ek het jou nodig in my lewe. Ek wil elke asem met jou deel. By jou is waar ek hoort. Ek sal mal raak as ek jou nie by my kan hê nie. Ek kan nie die gedagte van ’n lewe sonder jou verduur nie.

Engel, ek het jou lief ... elke sekonde, elke minuut, elke uur, elke dag, elke week, elke maand, elke jaar tot in ewigheid!

’n Opwindende avontuur van liefde wag op ons.