Jy hou of van Crocs, of nie. Saartjie blog vandag oor dié liefde-haat-verhouding.

SAARTJIE hastagDie meeste modebewustes sal vir jou sê jy is mal as jy van Crocs hou. Dis klein monstertjies aan jou voete. En ek moet sê, ek stem saam. As ’n modepoppie gaan dít definitief nie in my kas werk nie. Maar ek moes vinnig my woorde sluk, want die bekendstelling van die nuwe Crocs het my verras.

Dit is 10 jaar later sedert ons die eerste keer aan hierdie monstertjies bekend gestel is. Maar Crocs het ’n lang pad gestap. Weg is die meeste van hierdie monstertjies. In sy plek is  innoverende gemakskoene. En ja, selfs hakke! Iemand kon my met ’n veer omtik ...

Crocs bied heerlike waterstewels vir die winter, pumps vir die wat  lief is vir die gemak van ’n plat skoen, en ook wighakke vir dié wat nie sonder ’n hak kan klaar nie. Dan kan jy ook met die nuwe sportief-luuks trend wat so gróót is vir jou 'n paar tekkies koop.

crocs 2014 boots

Ja, die monsters is nog daar, maar daar nou heelwat meer style om van te kies. Nou is die gróót vraag: Sal diegene wat dit so gehaat het, nou daarvan hou?