“Wanneer só iets gebeur, sien jy skielik jou prioriteite in die lewe baie duidelik raak. Al die moeilike dinge wat in die voorafgaande paar jaar gebeur het, maak niks meer saak nie. My gesin was verlede jaar heel voorop in my gedagtes, en dit sal so bly.”

Darren het in September 2011, vier maande voordat Mark siek geword het, sy werk by SuperSport en die radiostasie Jacaranda FM verloor ná ’n voorval waarin hy ’n rassistiese term teenoor ’n swart kollega gebruik het oor dié hom geld geskuld het.

Darren en Sarah het ook kort voor sy afdanking deur ’n moeilike tyd as paartjie gegaan. Daar was mediaberigte dat hy byna nooit tuis was nie en dat Sarah alleen en afgeskeep gevoel het. Darren het gesê hy was uitgebrand en depressief en kon nie meer sy prioriteite raaksien nie. Maar hulle het dié probleme opgelos en weer ’n hegte band gevorm – gelukkig nog lank voordat Mark se siekte gediagnoseer is.

“Darren was 100% hier vir my en Mark. Hy het alles gedoen wat hy kon en dit was duidelik ons is voorop in sy gedagtes,” sê Sarah.

...

Mark word siek

“Ons het net geweet iets is fout. Jy weet dit net, al hoop jy dit is nie so nie. Ná ’n baie spanningsvolle naweek van toetse en X-strale het hulle ontdek Mark se nier is vergroot, en verdere toetse het bevestig dis ’n tumor. Ons was yskoud toe ons die nuus kry.”

“Ek wil dit nie eens onthou nie,” sê Sarah en skud haar kop terwyl sy die trane wegvee.

... 

Ná Mark se behandeling

Daar lê nou vyf jaar se skanderings voor voordat Mark amptelik die groen lig kan kry. Tans is hy in remissie. “Daardie dag gaan ek ’n groot bottel Moët-sjampanje oopmaak,” sê Sarah.

Intussen is hulle net bitter dankbaar hul kleinding is klaar met chemoterapie. Die familie het sommer twee partytjies gehou om Mark se tweede verjaardag op 17 November te vier. Een partytjie was in Durban, waar hulle baie familie het, en een was tuis saam met hul vriende. Die tema was “Klaar met chemo, tyd vir Nemo” – Mark se gunstelingkarakter uit die fliek Finding Nemo.

“Ons is nou net ’n doodnormale gesin wat tyd maak vir mekaar,” sê Sarah. “Darren is dalk bekend vir sy werk, maar by die huis is hy net my Darren. En hy doen alles wat hy kan vir my en vir Mark.”

Lees die volledige onderhoud met die Scotts in die Maart 2013-uitgawe van SARIE.