Jy vóél al die beskuldigings en nare woorde. En dít van mense wat my nie eens ken nie. Dis hectic," vertel dié mooi boetiek-eienaar van Malmesbury.

Sy praat soos altyd sonder doekies omdraai in haar heserige stem, nes kykers haar op TV leer ken het. Saam met Ashley Pugh van Hartbeespoortdam en Suné Greeff van Kaapstad was Lynda een van die drie vroue wat deur Pieter Hanekom gekies is om 'n week lank op sy plaas Akkerdal by Franschhoek te kuier.

Pieter het Suné op dag 2 die trekpas gegee en vir Lynda op dag 5. Ashley was sy uiteindelike keuse.

Boer soek 'n vrou 2, wat op 9 Oktober ten einde geloop het, het weekliks 500 000 kykers getrek, volgens

kykNET. Dit was een van hul drie

gewildste programme. Almal wou sien

of die boere liefde vind. En dié keer

was daar oorgenoeg intrige om kykers

vasgenael te hou.

Op Akkerdal het die hare van die

begin af gewaai en dikwels was Lynda

die middelpunt. Om mee te begin

het sy die naweek voor hul amptelike

kuiertjie by Pieter sou afskop reeds

alleen saam met hom op sy plaas gaan

rugby kyk. Veral Ashley was woedend

toe sy daarvan uitvind.

Ashley het ook aan Huisgenoot vertel

een aand by 'n vleisbraai saam met

twee vriende van Pieter het Lynda

op 'n kol verdwyn en met 'n skrapse

bostukkie aan en 'n luiperdvelmotiefbikini-

bostuk daaronder teruggekeer.

"Gaan jy swem?" het Ashley verbaas

gevra, en toe was die duiwel glo

behoorlik los. Sy het vertel toe Lynda

later woedend in haar bakkie weggejaag

het, het sy oor een van die vriende se

voet gery.

Lynda sê dis als bogstories. En sedert

Pieter sy keuse gemaak het, moet sy

met die verwerping saamleef. Én met

die nagevolge van roem . . .

Vriendinne het haar eintlik ná

'n liefdesteleurstelling vir die reeks

ingeskryf. Haar kêrel van drie en 'n half

jaar het haar verneuk en ses maande

nadat hulle die verhouding verbreek

het, het hy boonop verloof geraak

aan iemand anders. Haar hart was

stukkend. Dit was die soveelste keer dat

sy ontnugter is deur die liefde.

Sy het besluit om Boer soek 'n vrou 'n

kans te gee. Eintlik as "terapie"vir die

liefdesteleurstelling.