Al famous mens wat van Upington af kom, is seker Sharleen Surtie-Richards. Met die wêreldbekersokker in ons midde het ons almal seker maar so ’n bietjie hoop om een of ander sokkerster raak te loop en miskien selfs ’n foto te kry. So het ek gehoop dat my eerste “kennismaking” met ’n celeb by die Engeland vs Algerië-wedstryd sou wees. Daar het ek gehoop en bid dat ek dalk ’n Britse koninklike kon sien – en die naaste daaraan, was om hulle op die stadion se grootskerm te sien. Maar dit op sigself was fantasties en ek het gedink dit is my sokker-hoogtepunt... Daar bevind ek my toe Saterdag in Kampsbaai, ons eie Miami. Min het ek geweet wat op my wag. Tusssen Nando’s en Pick n Pay sien ek iemand wat lyk so Ronaldo. Ja, Cristiano Ronaldo! Eers het ek gedink dis my verbeelding. As jy mos genoeg glo iemand lyk soos ’n celeb, dan is dit daai celeb. My kop het vir my gesê dis nie waar nie, Herman, jy droom al weer oor iets wat nie bestaan nie. Al wat ek onthou, is dat ek myself die volgende oomblik tussen rye en rye bikini’s bevind het, besig om te Google hoe lyk Ronaldo se oorkrabbertjies. Oukei, die oorbelle stem ooreen met wat my iPhone sê, maar dis nie genoeg nie. “Ronaldo Tattoos Arms” geGoogle wys iets wat lyk soos wat op die man se arm is. Dit moet hy wees! Ek veg my pad oop tussen die volgende ry bikini’s om nog nader te kom. Dit moet hy wees, want daar is net een man in die hele wêreld met sulke spiere. Selfs deur die wit trui wat hy aanhet, bult dit soos berge.

Realiteit skop in en sê vir my: Herman, jy kort nog een bewys dis regtig hy – ek Google toe sy meisie. En daar bevestig Google toe finaal my vermoedens... Die foto wat opkom, lyk op ’n haar na soos die WAG ('Wives and Girlfriends') aan Ronaldo se sy. Ek probeer met baie moeite ’n foto neem, maar kry dit nie reg nie. Dit het so verkeerd gevoel om 100 m van een van die wêreld se sexyste en bekendste sokkerspelers te staan en my foon in sy gesig te druk. Om sy oomblik van Afrika-son en die Kaapse see te bederf... Ek het omgedraai en weggestap. Iewers binne my het ek gehuil en aanhou skree. “Herman jy sien vir die eerste keer in jou lewe ’n internasionale celeb en jy voel te jammer om ’n foto te neem!” Iewers in my hart wil ek twyfel dat dit nie hy was nie – want, wie sou nou eintlik weet. Al wat ek wel met my saamdra, is die gedagte dat ek (ek glo dit) tussen rye pienk bikini’s ’n sokkerheld gesien het op die voorstoep van ons eie Afrika-see! * Stem ook vir die een met die mooiste 'six pack': Onse eie Izak Davel of Christiano Ronaldo?