Marzanne Leroux-Van der Boon, skrywer*

“Ek kuier by my broer op Ullapool. Skotland se bitter weer word ’n spieëlbeeld van die yskoue ellende in my hart oor ’n kind tuis wat maar nie gesond word nie. The King’s Speech is op almal se lippe. B-B-Bertie se verhaal gryp my aan. ’n Prins wat nie kans sien vir koning word in oorlog-Engeland nie. Te
meer nog oor hy so stotter. Sy eerlikheid en frustrasie ontroer my, sy wanhoop en angs raak myne. Ek huil saam met hom. Maar algaande raak my stukkende hart heler, my wanhoop hanteerbaar.”

*Go’el Yisra’el – Verlosser van Israel (R139,95 Lux Verbi)