(Die wat toe al bababottels, katte, kinders en ander noodsaaklikhede in hul karre begin laai het, want links van Tafelberg hardloop die vlamme al die laaste 2 uur van die Rhodes-gedenkteken se kant af.) Dit voel wraggies soos 'n fliek! Toe ek buite kom, het 'n kolkende bloedrooi rookbondel vanaf Duiwelspiek begin rol en binne minute het sigbare vlamme byna 2 verdiepings hoog gestaan.

Toe kom dit - ons moet ontruim . . .  Die middernagtelike skok was wreed genoeg, nou moes ek besluit wat's belangrik. 'n Mens huiwer vir 'n oomblik - jy sien daardie duur jas (waarvoor jy maande gespaar het), jou Hi-Fi en al jou CD's, jou familiefoto's, jou skoene, jou boeke, jou meubels - maar jy moet kies. Ek's daar uit met my saxofoon, my Bybel en my handsak. Net dit.

En snaaks genoeg is 'n mens op daardie oomblik eers regtig dankbaar vir alles wat jy het. (Selfs vir daardie vriende wat twee-uur in die oggend hul sitkamerbank in 'n bed vir jou omskep.)

Wel, ons kon almal teen sesuur weer teruggaan - almal ongedeerd en sonder enige skade aan eiendom.

Wat sou jý ingepak het?