Dune se handsakke en skoene vir winter 2014 inspireer al die pad uit Londen.

SAARTJIE hastag

Op ’n hittige somersdag in Kaapstad word ek bekoor by die Casa Labia in Muizenberg - nie net deur die ou argitektuur nie, maar ook deur die ontwerp van skoene & handsakke.

Al die gaste is ingelig oor die nuwe trends vir winter 2014. Dít is wat jy kan verwag wanneer dit kom by bykomstighede:

  • Diervelmotiewe soos slangvel & luiperdvel
  • "Boy meets girl" - plat skoene soos brogues & insteekskoene (loafers)
  • Kleur, ook metaalkleur
  • Ritssluiters
  • Enkelstewels
  • Metaal-afwerkings
  • Die perdrystewel is steeds gewild