Daar is min dinge so mooi soos die Rooi Els-kuspad, oftewel die Walvisroete, tussen Kaapstad en Hermanus. Dit was oor 'n naweek en ek en my kameraman, Alex Ellis, het besluit om te roadtrip na Kleinmond, waar die akteur Neels van Jaarsveld woon. En soos die Rock What You Got-potgooi en -video opgeneem word, het ek soveel goed by Neels geleer. 

Hier volg my jongste blog-inskrywing:

Kamera, ligte, 'n mikrofoon, biltong en ons baaibroeke. Die belangrikste was gepak en ons het weggetrek. Ons het laatmiddag by Neels en sy vrou, Jeanne, aangekom. Hul twee honde het ons eerste kom groet. Die naweek het Rosie en Caesar alles saam met ons gedoen, hulle was tot in die podcast en YouTube-video.

Neels van Jaarsveld by een van sy honde. FOTO: Verskaf

Neels en Jeanne het ons dadelik met liefde ontvang, ons het skoon soos familie gevoel. Vanaf hul stoep het ons die pragtige sonsondergang geniet, die vuurtjie het gebrand, die braaivleis was perfek en Jeanne se bykosse was een vir die boeke! Natuurlik het Rosie ook 'n skelm happie van my vleis gekry … Sorry, Neels ;)

Vroeg die volgende oggend het Neels my begin vertel van sy lewensverhaal. Sy wysheid en humor het my werklik verander!

Wat het ek geleer?

  • Ons foute kan soms 'n groot deel van ons suksesverhaal uitmaak.
  • Beplan vooruit – druk kan ons help, maar dit maak dit nie altyd maklik vir die mense rondom ons nie. Werk spaarsamig met jou energie en wees effektief met jou deurvoering.
  • Ek moet ophou dink aan wat ander mense van my dink. Ek moet doen wat ek weet ek moet, nie wat ander mense dink ek moet nie.
  • Geen verslawing (van Instagram tot koffie) is gesond nie.
  • Ek moet altyd die busdrywer bly (luister by minuut 40:00).
  • Ons moet erken wanneer ons hulp nodig het en ons moet ander mense wat hulp ontvang (soos bv. vir verslawing) aanvaar en nie sien as vreemd of "anders" as ons nie.
  • Geluk begin in jou kop.


Wat jy nie van Neels geweet het nie:

  • By minuut 14:12 is waar Neels die hele storie vertel van hoe hy die Klipdrift "Met eish ja, met eish"-advertensie gekry het.
  • By 34:00 deel Neels die stories agter sy alkoholverslawing en ook hoe hy dit oorkom het. Hy gee advies aan dié wat sukkel met alkohol- (of enige ander) verslawing.
  • By 59:22 maak Neels 'n groot nuwe projek waarmee hy besig is bekend – en ek belowe jy het nie dít verwag nie!

Kyk die video van die potgooi hier:

Boek wat ek tans lees:

The Last Arrow: Save Nothing for the Next Life deur Erwin McManus

'n Paar stukkies uit die boek:

"The tragedy of a life that is never fully lived is not simply the loss of that one life. The tragedy is the endless number of lives that would have been forever changed if we had chosen to live differently."

"Success will lie to you and tell you that your future is just an extension of your past, when at its best, success is simply preparation for new challenges."

"We can become so afraid of death that we never live, so afraid of failure that we never risk, so afraid of pain that we never discover how strong we really are."

Besoek Rock What You Got vir meer inspirerende stories en volg ook Edwin en sy stories met invloedrykes op Instagram.

Lees ook

Edwin aan Amalia: "Dís wat jy my geleer het"

Neels & Jeanne se Witsand-troue