Vader ...
Bloedbevlek loop Jy
en strompel
na Jou dood
My lewensbrood.
Jou skerpgemaakte doringkroon ...
my ewige Hemeltroon.
Tree vir tree,
is Jy op pad
om vir my die ewige lewe te gee.
Jy val neer,
alweer en weer.
Jy vergewe my,
keer op keer ...
Houtsplinters en spykers
gemeng in jou vlees ...
sodat
ek vir ewig...
Jou kind kan wees ...