So sien ek onlangs in my haas 'n geknakte roos aan my geel roosboom. In my stille gejaagdheid dink ek om die rosie af te pluk en in water te sit sodat dit nie verlore gaan nie.
Maar ja, die dag het gekom en gegaan en die rosie het toe nooit die potjie water gesien nie. Die volgende dag sien ek die roos het oopgegaan. Ja, al was die stingel geknak, het dit steeds tot sy reg gekom deur te blom!
Dit geld ook vir ons ... soms voel ons op, moeg en "geknak". Maar jy kan nog altyd blom, ongeag jou omstandighede.

Marelize Huysamen, Langebaan