Cotton On is een van die Australiese kettingwinkels in Suid-Afrika, wat nes Trenery, Witchery en Country Road baie gewild is. Nou kan Kapenaars ook hul naaste Cotton On in die V&A Waterfront besoek. Saartjie blog oor dié winkel se honderdste tak.

SAARTJIE inboxDie Cotton On-winkel in die V&A Waterfront in Kaapstad is die 100ste in sy soort in Suid-Afrika. Nou het hulle 1 300 winkels in 16 lande.

Cotton in V&A Waterfront, Kaapstad

Ek is nou baie opgewonde vir elke Kapenaar (en toeris) se koopervaring, want dis reeds so lekker om by die Waterfront shop met al die handelsmerke wat daar beskikbaar is.

Jy sien my beslis Saterdag, 7 Junie, by die opening van dié winkel!

Van die aktiwiteite by die opening sluit in:

 

  • ’n Platejoggie in die winkel
  • ’n Stalletjie metkoffie
  • En boonop kan jy jou eie T-hemp laat druk as jy meer as R500 spandeer
Kyk deur dié galery vir ’n heerlike voorsmakie van die klere wat in die winkel beskikbaar sal wees