Toe Bertha Cronjé (nou Du Plessis) die middag voor Hansie Cronjé se dood sy oproep kry dat hy sy vlug verpas het, was haar vriendin Alba de Jager by haar. Alba het haar aangemoedig om Hansie weer later te bel. Sonder dat Bertha dit toe besef het, sou dit hul laaste gesprek wees.

Hansie het 'n ander vlug gehaal en die volgende oggend het dit soos skokgolwe deur die land getrek: Ons voormalige krieket-kaptein is in 'n vliegongeluk naby George dood.

In die weke daarna het Alba en Bertha se ander vriendinne haar met liefde omvou. Vyf jaar gelede was dit weer Bertha se beurt om Alba by te staan nadat sy met borskanker gediagnoseer is.

Op 8 Maart vanjaar het Alba haar stryd verloor. Maar voor haar dood het haar vriendekring seker gemaak sy vier die lewe saam met hulle en dat sy besef hoeveel hulle vir haar omgee.

''Toe Alba begin verlede jaar die slegte nuus gekry het dat die kanker verder versprei het, het een vriendin, Ineke Goosen, voorgestel dat ons vyf hegte vriendinne verskillende lekker dinge elke maand of

Ya-Ya deur dik en dun

Hierdie pret saam met 'susters in geloof' sal altyd 'n soete herinnering vir elkeen van ons wees. Ons het besluit die kalender sal nog kan praat lank nadat ons nie meer in hierdie wêreld is nie. Ons het gehoop dit sal vir ons kinders en kleinkinders 'n kykie in hul ma's en oumas se karakter gee, vir hulle wys dat ons gemaklik met onsself en trots op ons vrouwees was, en die lewe gekoester het. 

 

twee moet saam doen,'' vertel Bertha in Junie se SARIE wat nou op die rakke is. 

''Ons het laasjaar saam met ons kinders 'n boom geplant, 'n piekniek gehou, sandkastele gaan bou, ons hartsgeheime op papier neergeskryf en dit in 'n bottel gesit en in die see gaan gooi, koek gebak, ons trourokke aangetrek, gaan kyk hoe die son ondergaan en opkom en saam 'n DVD in ons pajamas gekyk. 

''Ineke het die idee gekry dat ons 'n kalender moet maak om ons vrouwees en die lewe te vier en sommer net om lekker herinneringe saam met kosbare vriendinne te versamel.  

''Dit was hoofsaaklik ter wille van Alba, maar ook vir onsself, omdat ons almal opnuut gekonfronteer is met hoe kosbaar die lewe is. 

''Hierdie pret saam met 'susters in geloof' sal altyd 'n soete herinnering vir elkeen van ons wees. Ons het besluit die kalender sal nog kan praat lank nadat ons nie meer in hierdie wêreld is nie. Ons het gehoop dit sal vir ons kinders en kleinkinders 'n kykie in hul ma's en oumas se karakter gee, vir hulle wys dat ons gemaklik met onsself en trots op ons vrouwees was, en die lewe gekoester het. Die kalender moes ook ander inspireer, soos wat Alba ons geïnspireer het.

''Alba het haar liggaam met 'n positiewe houding en gesonde gees help veg vir lewe. Só het sy elkeen van ons diep geraak. Sy het ons herinner om voluit te lewe."

Jy kan die kalender bestel teen R100 - al die fondse gaan vir Mount Hope kanker-hospice in George. Kontak Ineke Goosen by 082 410 1978 of stuur 'n e-pos na abahealth@mwebbiz.co.za. Die kalender is 30 x 15 cm groot.