Dis seker maar my grootword in die vlaktes tussen Thaba ‘Nchu en Verkeerdevlei wat my die enorme passie vir bloekoms en turksvye gegee het. Langs on huis was daar ‘n laaaaang laning bloekoms en agter hulle ‘n laning wit en rooi turksvy. Smiddae na skool het ek my short aangetrek, my ma het my lang vlegsels opgebind en pa Daantjie het met sy stop horlosie reggestaan vir my om al langs die bloekomlaning my 50 tree sprints te oefen...kaalvoet natuurlik and he was a hard taskmaster! G’n eina vir klippe of duwweltjies nie... ‘wil jy interskole wen of nie.’

So het die bloekoms my allies geword. They were always there for me. En in my klein dogtertjiegeit was hulle enorm en het ek veilig onder hulle gevoel. Ek het ook heel gereeld agter hulle weggekruip as ‘n pak slae lê en wag het. En ‘n yskoue turksvy was my beloning....selfs na ‘n pak slae!

So ry ek nou al vir jare die Weskuspad...sien mos wat jy wil en ry net Kaap toe. En nou sien ek elke bloekom! Ek kyk vir hulle...ek ry stadiger, loer na die bas, na die koelte oorhang van die takke. As hulle by die grond inritte staan, stop ek vryf oor daardie bekende bas. Kneus ‘n blaar en kry weer daai gevoel van kleintyd as jy onder die boom gelê en kyk het hoe die son patroontjies deur die blare maak.

Dis Carl Thom se Bloemkom Boma en Karen Lelieblom se bloekoms wat my weer bewus van die boom gemaak het. Glo as ek ’n boom moes wees...it would be a bluegum!

Twee weke terug is daar ‘n boerbok dag op Lelieblom...lekker grootbek. Ek bak die vetkoek en ek kook jam! Hallo JAM? Ek eet nie eens konfyt nie, het dit in my lewe nog nooit gemaak of eers gesien hoe iemanddit maak nie. Ek kom uit ‘n huis waar Maria en Liza vir ons gekook het onder Ma Issie se oog en my moedertjie het die fynste mees delikate ongelooflike handtertjies en melkterte gemaak .

Malita laat laai drie bokse cherry tamaties af...en wat nou? Vra hier en daar en gaan deur al wat ons eie asook Italiaanse, Franse, Engelse, Portugese en Spaanse kookboeke is om te kyk hoe preserve hulle... en toe maak ek sommer my eie resep op want oormore is boerbokdag.100 mense en ek het belowe: tamatiekonfyt!

What a day...ek en Karen Lelieblom en Katrina in die kombuis en Frikkie, beautiful kind van die plaas langsaan wat deeg uit rol en vetkoek sny saam met die twee Anties!

Dis was ‘n belewenis... Michael het ‘n splinternuwe enorme katedraal buite opgerig met tafels en stoele en tafeldoeke en gespotde servette.

In die kombuis jaag Jollie die hond so af en toe een van hoenders binne toe en Lelie die hanslam sien ‘n gap en dan is sy daar al agter Karen aan... en as Miss Karen raas dan kom staan sy koppie tussen my voorskoot.

Die ultimate hoogtepunt. Die verwelkomings komitee: Charlotte die potbellie en haar twee kleintjies... Lelie en dan natuurlik al die skrop hoendertjies! Die katte wat luilekker op die gemaklikste stoele lê, Max die boerboel en Jollie.

So totaal buite myself oor die demand vir my sticky tomatoe jam kook ek sommer Sondag nog ‘n lot! Ons drink ‘n wyntjie op die stoep terwyl ‘n hele kolonie bye in daai jampot klim! Dis good luck se hulle!

Ek’s 55 en dis lekker. Daar’s so kalmte...jy hoef nie meer te impress thank the lord! En al daai creative juices vloei so lekker onverhinderd rond.

Maandagoggend laai ek vir Elvira by die lughawe af. Na 29 jaar hier gaan sy terug Italië toe. ‘n Klein klein mensie met ‘n lang kuif en ‘n enorme seer want haar Massimo... my mentor en die beste mode fotograaf nog ooit in die land, is skielik dood aan keelkanker ‘n jaar terug. Ons eet ‘n slaaitjie en sy praat oor die plasie op Barrydale en die stilte wat sy en Massimo so geniet het.

Nou terug na Milano... if I’m lucky a one bedroom flat staring against a wall...but I will have Massimo’s paintings and my crazy green chandelier...and Isabella, I will live like you... a good mixture of madness and magic! Ciao Elvi.

Ek hoop ek sal altyd daai madness en magic behou! Dis wat sorg dat daar elke dag ‘n smile op my gesig is!

Op pad terug kyk ek weer na al die statige bloekoms... soms so op hulle eie in oop veld... maar met trots staan hulle daar.

En ek onthou hoe dikwels Massimo ons langs die pad laat stop het....bome? Perfect location! En het ons gewonder hoe die hel gaan jy hier ‘n mooi prentjie maak... hy het die beauty in die simplistiese gesien...hy’t na aan die natuur gelewe en die skoonheid daarvan bewonder!

Laas week ry ek rond om klein interessante delicacies vir die mark te kry....Wellington toe na Bernus en Anna Rita wat vir die vroue van die plaas ‘n werksgeleentheid wou skep... nou peul daar kiste Shiraz Balsamic Reductions, atjarre, tapanades uit... vars adamsvye en mooi diep pienk gedroogde vye!

Vandaar op die Malmesbury-pad kry ek vir Colleen Lesch. Colleen hoendertjie! Colleen is legendaries vir haar skrop hoenders wat sy by die Stellenbosch mark verkoop en ek ry weg met hoender gemarineer in mango en chutney, lemon en herb, soet-chillie-souse asook twee waatlemoene, Colleen se wors wat sy self maak en ‘n bottel olyfolie en dit als word sommer so langs die Malmesbury pad in ‘n oorvol trollie gelaai!

Hoe amazing is die vrouens in ons land. Voorskoot aan, hare mooi, nice sandals, tikkie grimering, maar ons doen ons ding! Hulle woeker en werk en lag en skraap enorme paaie! Bravo!

In ‘n sement blok sonder kaste (behalwe die beautiful swart kaste in die garage) het ons nou tussen twee pilare rakke. Vir boeke of goeters...stoorplek. Maar nee o nee. Pikant staan die blou bottels, silwer antieke rosebowl met bos wit rose, my wit knoffel-shape teepot. My beautiful turkoois skewe pot van Peniscola in Spanje. En ‘n paar boeke wat die prentjie komplimenteer! My rasta-kop kind se gevolgtrekking: my ma dink nie aan ‘n rak as bere plek nie. Nee, dit moet gestyle word!

Om die kind nog meer te verwar koop ek ‘n groot turkoois fluweel stoel op ‘n veiling vir R317. Die stoel kom uit ’n nightclub.....what a life this chair has had!

Gekonfronteer met dié reuse turkoois blob , is al wat hy kon uitkry: “Ma is rerig besig om dit te loose!”

Mmmmm ons wonder wie se gunsteling sitplek is dit... behalwe vir al die vierbeeniges: jong meneer!

Ek lief die stoel....dis oorgroot en die materiaal is luuks en beautiful en ryk...ok die piping is geel...maar Li Edelkoordt die trend forecaster of the world het gesê geel is die nuwe pienk...soooo!

Daar’s ‘n byt in die luggie hier op die duin...as jy ry is daar oral bome en bosse wat hulle herfs jerseytjies aantrek...en na die eerste bui reën is die Weskus skoongewas. Ons is reg vir die nuwe seisoen wat voorlê...vir al sy grille en geite.

En die nuweling in die huis...Lelieblom se Picasso kat met haar knockknees dink sy’s ‘n hond... saans as almal moet plassies maak is Pikkie Picasso ook buite, die honde plas sommer net, madame maak mooi gaatjie en krap toe, ’n regte klein lady!

Die naweek is my langbeen kind se 5de been van die SA Kite Surfing Kampioenskappe sommer reg voor die huis! Kites en beautiful jong mense oral. En die lang bene, wit sonbril en rasta-kop wat op en af op die strand. Ek lief dit om so eenkantIN DIE WIND te gaan sit en kyk na die ongelooflike skouspel op water! Nou moet die wind net begin waai!

Net voor ek ciao se....my maaikie Didi laat my lees: the greatest danger for most of us is not that our aim is too high and we’ll miss it, but that our aim is too low and we reach it...dit van Michelangelo (1475-156) , sculpture, painter and architect!

Vandag vat ek my nuwe emmertjies en begin my olyfoes pluk!

Groete, vrede en drukke van die Duin af.

Bella.