Dis my eerlike maand. Dis my maand (maar net in my eie kop) waar ek als wil reg maak, regpak, weggooi wat die ander elf maande skeefgeloop het. Dis die een maand wat ek nie weghardloop of skuil nie. My confrontational maand.

Daar word nuwejaarsvoornemens gemaak...nuwes...en daar word hard gestoei teen die invloed van die elemente sodat ek nie myself tog net nie te jammer kry nie.

Jaar na jaar is daar min werk, met genoeg tyd vir die Niehaus-kop om erg te raas! Jy wik en weeg en steek voelers uit, want stilsit is vir my die heel eerste tree na 'n lekker depressie!  So stoei-stoei broei daar soms lekker nuwe idees uit...now to make them work and send them out to the universe!

In 'n piepklein woonstel in Montparnasse, Parys, beplan ek en Pauline 'n klein ekstra special Vrouedag hier op die duin... dalk 50 mense at a push. Ons is 'n week terug en Pauline bel: "Bellie, ons gaan bietjie groter, so 90 mense, en ons gaan Groenrivier se klein saaltjie gebruik." Mmmmmm nog 'n week later, Paulina weer op die foon... "Ons gaan nou maar na die groot saal toe met 250 vroue!"

En so hou ons een van die mees amazing Vrouedae ooit op Groenrivier, in Riebeeck Wes, met Dieter Voigt as die MC. Hoe beautiful man is hy nie, en sy storie die dag was so powerful! Kleur jou lewe in, verf dit in helder kleure soos die skepper wil hê jy moet doen. Paint your own painting!

Maudre, Pauline en Malita het net mooi als gedoen... Van dekor tot organize tot kos tot lucky draws kry. Dit was 'n groendag: woestynrosies, bokse vol kruie, ’n groen candy-tafel vir poeding, en vir elke vrou (behalwe vir 'n enorme SARIE-geskenkpak) ’n groen gehekelde borsspeldjie.

Die kos is soos uit 'n duur resepteboek, vis terrien en, om die pallet skoon te maak, whisky-sop! Jou eier-in-'n-degie met spek en 'n pienk hartjie flapjack! Cupcakes, fudge en sweets vir poeding.

Daar was stunning musiek en 'n berg vol lucky draws... en ja, madame het ook gepraat: Niks is dan mooier as 'n vrou nie and we have to believe it! Jou lyf luister met groot nuuskierigheid... so watch your tongue deary...

Hoe lekker is die nie om te sien hoe susters saam 'n projek aanpak, en aan die stuur is jong beautiful donkerkop kind. Maudre gaan vir Groenrivier nuwe vlerke gee... sy reël en skryf en hardloop rond en drink 'n wyntjie saam met ma Malita en tannie Pauline en niggie Lolandri... and she does all of this in her stride... Hou maar vir haar en Groenrivier dop!

Laatmiddag se ry terug weskus toe met die son wat net-net sak lê die geel plate canola blomme... die lammetjies weet dis drinktyd en hop-hop agter die ma’s aan, net om sommer so in die loop op die knieë neer te sak en te begin drink. Soveel beauty op een dag.

Die vraag is hoeveel van ons sien dit raak, of is ek die antie in die grys trollie, met geen werk en te veel tyd, wat rond ry en al die goed raak sien?

Hoe ook al, vanmiddag bel Sanet van Jakobsbaai, hulle gaan fees hou volgende jaar, en terloops jy het 'n naamgenoot gekry. Weliswaar nie 'n blonde een nie maar 'n bruin donkie met lang sagte ore en klip hardegat, en sy’s Bella.

So al ryend op die R27 onthou ek hoe ek die Bella-naam gekry het. Ek was altyd maar Isabella of Isi, of vir my pa Koekoe, en vir my boetie Sus. Dis eers in my twintigs wat iemand besluit het ek  is eintlik 'n Bella, and it stuck.

Nou het Karen Lelieblom 'n bulkalfie wat ons gedink het is 'n versie, wat Bella is, en nou is daar die hardegat bruin-vaal donkie.

Hier is rerige jewels op die Weskus. Dis seker maar die mense se skuld dat almal dink whatever dis die weskus. Kos moet goedkoop wees, diens kan maar so-so wees - dis mos platteland, vissersdorpies. Niks grand nie, sommer net! Leef na aan die aarde soos sout van die aarde!

Daar’s niks fout daarmee nie... dit kan nog steeds met 'n bietjie flair en styl gedoen word. Want dit is juis daai houding wat mens gereeld drie of vier keer in 'n maand wil laat terugtrek na 'n stad toe...

Hier sit ons te midde 'n helse lang lys van VAN DIE MOOISTES en DIE BESTE and we sell it cheaply! Ons kan net so grênd soos enige wynplaas wees... dis net 'n kopskuif weg.

Hier is juwele om elke hoek en draai...hier is die beste van als. Langs die grondpad, tussen 'n laning bloekombome staan 'n boma van hooi en kalksteen...’n one of a kind venue.

’n Duin langs, is Lekka by die See. 'n Katspoegie weg is Jakobsbaai se Weskusplek, in St. Helena is daar Sea Trader... daar Elandsfontein 'n klein wildsplaas.

Hier is ongelooflike kreatiewe mense op elke gebied wat kan kersvashou by die bestes en soms vir die bestes ore aansit... en die beste van alles die Kaap lê om die draai. So as daar nie iets hier is nie, ry jy of laat jy ry.

Aleit en Madri Swanepoel en Johnny Hamman kom kuier om te kyk wat ons bied vir troues en funksies. Ons begin by die Bloekom Boma van Carl Thom met 'n hanepootjie en melktert. In konvooi ry ons na Le Roux en Hannetjie toe by Lekka, vir vis en chips en laastens muskadel en tonic by my.

Die weskus lê nou onder my vel...nou wil ek net hê ander moet ook daai lekker krieweling ervaar. Als is hier op 'n platter, daar moet net werk van gemaak word... hoekom 'n plastic stoel gebruik as daar met min moeite 'n hout of gietysterstoel is?

Mmmmm... moet seker bly wees Augustus is amper klaar dat ek kan ophou tob...oor plastic stoele en bright organza strikke!

Die olyfbome het snoei nodig en die turksvye moet uitgekap word sodat mens ten minste doringloos by die voordeur kan inkom...daar moet so bietjie gekap en gepleister en geverf word aan die huis...

Augustus het tyd gemaak vir die gesnoei en uitkap in my kop en my op 'n oggend laat opstaan oor die water laat kyk en laat besef... eintlik is ek 'n hel happy madam. Dis klein jakkalsies wat my laat tob... maar as jy na die big screen kyk vind ek joy in die mees simplistiese dingetjies!

Net een ding: ek haat slegte koffie... en o ja, ek wil elke dag perfume dra!

Volgende week is dit lente... ’n splinternuwe seisoen vol beloftes om na uit te sien en te enjoy!

Vrede vir julle hier van 'n sonnige maar ysige duin tot ons weer gesels.

Bella Isabella