En die wind is in haar worst possible behaviour vir die arme besoekers. Vir Taro en sy eerste been van die SAKT (South African Kiteboarding Tour) is dit Manna!

Dis as die wind so op die see speel. Wanneer die golwe kwaai, en tog soms lui aangerammel kom dat ek ook kwaai, hartseer , happy en soms sommer net verdwaas is oor 'n jaar wat verby gesnel het...’n jaar wat my emosies op 'n helse roller coaster ride gevat het!

Sit vanoggend en wag vir x-straal plate - mmm ages does takes its toll - en tel 'n ou tydskrif op met 'n artikel oor Amerikaanse ontwerper Carolina Herrera en haar dogter, Carolina Jnr...hulle leuse: moet nooit uitstel tot more wat jy vandag kan doen nie! En hier op 20 Desember 2011 besef ek weer 'n keer...that, madam is where you always miss the beat!

Skielik contemplate ek goeters. Vroeër jare was als net op impulse. Doen en dink later het ek tog so grootmoedig vir my kind geleer. Nou nie gekke doen en dink later  nie... maar moenie tob nie. Don’t waste time. As 'n gier aan jou krap... DOEN! As daar malle geleenthede is. GO!

So is my Boet skielik dood sonder dat ons vir oulaas saamgekuier het. Sonder dat ons ooit kon koebaai sê...want volgende jaar is daar nog tyd! Dis die tyd verlede jaar wat hy my so baie gebel het. Nooit rerig om iets te sê nie. Sommer net gebel met 'n wanneer kom julle kuier...ja ja volgende jaar. Nou’s dit bietjie laat.

Dolf se dood laat my weer dink en glo in my teorie van...doen, worry later!

Dolf laat ons jaar hartseer afskop en toe so asof hy daar bo iewers 'n gemakstoel gekry het en op sy sussie afkyk en besluit, ok we’ll smile upon her at times het die jaar soveel magic van sy eie. Na elke afdraand wat jou net net-net wil onderkry kom 'n boks vol skitterende verrassings! Maak magic haar buiging. Is daar hope joy en happiness en nuwe geleenthede.

Thanks ouboet...dis natuurlik jy en pa en ma wat besluit het daar moet emmers vol liefde oor my uitgestort word; dat ek moet lag en smile en sommer stupid wees oor al die seëninge wat my omvou; dat elke aand se sunset my weer laat besef hoe groot die skoonheid van die natuur is en aan julle laat dink. Dankie, thank you my Boet.

Die laaste mallighede op die Duin is lekker lang tafel seekos etes. Daar is omtrent gebak en gebrou en gekook en tafels gedek. Die proeflopie etes het alte lekker afgeskop...honest kos. Vars vars vars uit die see...en lekker mense! 'n Konsep wat beslis in die nuwejaar verder gevat gaan word!

En nou na 'n warrelwind fabulous jaar pak ek vir die eerste keer in 14 jaar 'n kleine tassie en vir Persentjie met al haar toys en gaan ons Kersfees vier saam met 'n groot wonderlike familie. En met dit kry Taro 'n wonderlike kersgeskenk... hy kry die huis op die Duin vir homself en die ongelooflike voorreg om vir tien dae na Savvi, Mobe, Emma en kleine Picasso om te sien...die tuin nat te lei en odds en sodds hier om die huis reg te maak! En in die aande kan hulle maar party en braai net om more-oggend weer skoon te maak! Pay back time!

My wens vir julle: 'n joyous laaste paar dae van 2011 en laat 2012 jou jaar wees waar elke dag sy eie magic inhou. Soms baie...soms minder. Solank dit daar is.

In 2005 het Christine Botha vir my 'n gedig geskryf wat hier in my kantoortjie altyd by my staan en wat ek gereeld oor en oor lees en met liefde in my hart gee ek vir julle 'n stukkie daarvan as Kersgeskenk

[box:full:grey:both]

Los nou die ‘reverse’

Sit voet in die hoek

Voel die wind op jou wange

Maar moenie vergeet...

Van die afdraai paadjies

Ry stadig genoeg-

Sien die lelie groei

En die vlug van 'n valk

'n Nuwe horison wink vir jou

Daar’s 'n son wat hang

Soos 'n rooiwarm bal

En die maan in silwer getooi

Voel 'n lied in jou hart

'n borrel in jou gees

Vertroetel jou siel

En vind vrede.

[/box]

Vir almal van julle...liefde, vrede and loads of laughter vir 2012 van my en al die viervoetiges hier op die Weskus Duin!

Tot volgende jaar

Bella Isabella.