En dan teen sonsondergang word die heel kleinste muisies as trofees in die huis ingedra tot groot pret van haar viervoetige reuse familie! En soggens 'n brawe kwikstertjie wat net kom morning morning fluister... eindig erg gehawend  in die stort.

Vir my is die kwikkies wat dit in die huis in waag heel simbolies. 'n Teken van vrede...however nie vir Picasso nie!

In my perfect little world, dis nou die een in my kop wat tog 'n tikkie reality het, gallop die honde-diere op die strand en rol die kat liefderik op die skulpe onder die olyfbome, die grys van die kerriebossies in die mooi erde potte pas perfek by die turksvye en olyfbome. En op die horison vaar daar MENSE rond wat verby gaan seil en dink....”wow we want to live in that little grey house!”

Dit klink soos plaat wat vashaak, ekke hardloop weg uit die stad, kry 'n office met 'n view en lewe in 'n wêreld van my eie en leer uiteindelik wat reality in my lewe is.....

Hier het die seemeeue regtig polkadot stertvere, jy kan op die mees onverwagse oomblik die bedreigde witkruisarende op 'n kaal dooie boom bo die kwarriegat sien sit... jy word wakker van die helder lig wat die maan wat in jou gesig skyn... en jy luister na die onewe ritme van die golwe!

Hier is dit OK om alleen te wees want selfs in die hardheid van die weskus in die somer lê daar skoonheid in die kleinste limpet skulpies in die vorm van miniatuur pantoffeltjies, in honderde seepampoentjies in elke grootte, en in die swart oyster catcher paartjie met hulle oranje bene wat elke oggend die mooiste patroontjies op die strand stap...

In 'n andersins frivolous wêreld van wat is die nuutste /waar google jy/wat is die beste internasionale blogs...kyk jy na die landskap om jou en vir Picasso en haar splinter nuwe giere en geite, en ek dink: ek hou van my reality!

Daars net 120 km tussen ons en die Kaap, mmmm mens ry dit sommer so vir WERK...of 'n lekker lunch of 'n great  show! Of om weer die deel te voel van 'n ander ritme. Dis nodig vir inspirasie, vir kyk en voel en ruik!

Die laaste maand al lê daar 'n hele paar hakskoene in die kar...en in die cubby hole is daar onderlaag, mascara en blusher. So in die parkeerterrein van die lughawe word plakkies ingeruil vir hakke. Mmmm dis maar 'n aanpassing om so deur parkeerareas en marmervloer te klik klak met hakke waaraan jou kuite nie gewoond is nie.

Bang vir WEER vliegtuig verpas, is ek al twee en 'n half ure voor die tyd ingeboek met my hakke! Om die marteling beter te maak, pyl ek op Exclusive Books af. Daar lê 'n enorme lekkerte in om boeke by 'n lughawe te koop, dis net vir my anners.

Uiteinde natuurlike leesstof vir 'n maand en 'n swaar sak om te dra, want daar moet mos 'n Vanity Fair en Harper Bazaar ook in.

Dis lekker in JHB, ons maak SARIE Bruid en Fair Lady Bride se stalletjie by 'n reuse bridal exhibition mooi. Daar word stringe en stringe fairy lights gehang meubels word rond geskuif wit orgidee word verplant in glaspotte en massas linte. Dis 'n beautiful stalletjie!

Ek glo dis die magic van na aan die natuur lewe, wat mens se kop oopmaak vir allerhande inspirasies om in te sluip...

Terug in die Kaap gaan maak ons prentjies by die mooie Val de Vie, en dan is dit Fancourt toe vir drie dae en 'n ure lange gesels kuier by my jare lange maaikie Susan in George. Ons tel op waar ons laas opgehou het.

Die bussie is ekstra vol met die terugkomslag en op my skoot klou ek vas aan my nuwe klomp inkopies van die Wonki Ware factory-winkel want hier word weer 'n laaaang tafel gedek en gesmul op die duin!

Reality is nie altyd lekker nie...maar o genade is dit nodig! 'n Oggend saam met Beatrix en die kindertjies van die Paarl skool vir neuro-gestremde kinders maak jou humble. Die trane loop onbeheersd as jy na die joy op daai amazing gesiggies kyk. ’n Brand new take on JOY wat saam met my met 'n vol gemoed terugry duin toe, ’n nuwe blydskap, ’n nuwe smile!

’n Oggend saam met die vrouens van landswye aartappel boere in die Bo-Kaap restaurant met Joseph en Nazli is goed vir mens se siel...butter chicken en tamatie en danhia salsa maak die prentjie volmaak!

Hoe amazing is die jongmense van vandag nie. Ek ontmoet vir Johnny Hamman, artistic director van die wêreld bekende Aleit Groep. Hy bring die ongelooflike beautiful Annari Nel saam om te kuier, sy bak die MEES amazing troukoeke...(gaan loer by www.nellecakes.co.za)

Lang storie kort: Johnny begin 'n POP UP Restaurant, eers in die tuine in Kaapstad, en nou by my!

Hoe lekker, turkoois Sondag, oesters met sitrus salsa. Outydse mossels met knoffel en witwyn sommer in potte op die tafel. Voor ek vergeet, die tafels dek ons met koerantpapier, lap servette en bosse roosmaryn. Stapels wonki borde staan oral en op elke servet 'n vet sement hart van Kruizement om jou sement versameling aan te vul! Twintig vars stompneusies geskraap hier voor op die strand, word in sakke growwe sout gepak en oond toe, patats met komyn en botter en chilli, en slaai met dadels en parmesaan.

Die tafel van 36 smul en raas en hoe lekker is dit nie om saggies rond te staan en al die lekkerte in te drink nie! Die rustige kykery word so af en toe versteur wanneer Taro se weerbarstige swart hond 'n gaping kry en reguit strand toe...daar lê hy soos 'n vet rob, oortjies plat teen die kop en wag vir jou om stokke te gooi. Vrede of jy 36 gaste het of nie, hy wil platpens teen die golwe duik en stokke uitduik.

Daar’s 'n splinter nuwe energie op die strand, dis of jy die somer in die sand kan voel. Die twee pare oyster cathers ( hulle ‘mate’ for life terloops) se spoortjies lê fyn op die gladde sand en die seevoëls duik laag om more te see as die eerste sonstrale deurbreek!

Jare gelede het goeie vriendin Deidre die frase: moments of magic gekoppel aan ons klompie se spesiale kuier Sondae en deur die jare het dit my gunsteling-sêding geword. Almal van ons het elke dag moments of magic. Ons moet net onthou om te kyk en te voel en sag te glimlag!

Vrede en joy vir julle tot ons weer chat! Kyk uit vir die magic!

Bella Isabella.