Dis ons eie beautiful handsome Louis Jansen van Vuuren se paaiende woorde toe ek so sag as moontlik probeer verduidelik Parys koffie is nie altyd lekker nie. Mmmmm die duiwels dans behoorlik in sy oë rond. Die antwoord op my koffie probleem: Café Noisette. Kleeeein koppie of glasie met sterk espresso en bietjie skuim. En voila, Prays se koffie is great!

Ons laaste groot lekkerte voor ons terugkom ’n kuier by Hardy en Louis by hulle chateau op die kruis van Frankryk. Anet kom haal ons by die stasie, Barbara se beautiful Nina is daar in haar wit en blou strepies top en met ’n groot hug.

Twaalf  dae van bonjour, pardon, merci....excuse me do you...en natuurlik Café Crème... propvol gepak van een amazing experience na die ander, en dis sommer net so verby.

Ons klim die laaste keer by Gaite op Montparnasse af... stap die tien blokke na die apartement, gaan deur die motions van pak en skielik haal die 12 dae se elke dag kilometers stap my in! Nou wil ek huis toe! Daar’s ‘n laaste ete saam met Martine Steyn, Suid-Afrikanertjie wat voor my groot geword het nou ’n egte Paryse jong dame is , in ’n ongelooflike plekkie frequented by Mitterand and other politicians... sea bass op ’n ertjie risotto! Crème Caramel met ’n sout sousie... en ’n lekker bottel Petit Chablis.

Dis Landrie se eerste keer oorsee. ’n Beter stad kon sy nie kies nie. Pauline en ek kry erg lekker om te sien hoe die jong vrou als indrink, als geniet... ons stap dat daar blase en geskaafde velle op ons voete is, ons plas in die reën rond in ons plakkies, ons verdwaal weer en weer, drink ‘n bier en giggel daaroor.

‘n Uur vroeg vir ons eerste kookles soek ons hitte teen die koue in St Gervais. Die suiwer stemme van ‘n koor dwing ons stil in ons spore. Dis ‘n moment of magic ! En blink oë.

La Cuisine, 80 Quay Hotel de Ville op die Sein is die kookskooltjie se adres. Dis ‘n  fees! Nieu Zeelanders, Amerikaners, Carina van Latvia, ‘n Australiër wat vir  ‘n Suid-Afrikaanse regter in Australië werk en ons drie. And believe it or not nog ‘n Afrikaner wat in London ‘n restaurant het en haar Engelse wederhelf! Plastic voorskote aan, resep en daar gaan ons MACARONS!

Dis ‘n kuns op sy eie en die grootste in ding in Parys teen enigiets van R15 tot R22 per koekie! Net so is die cup cake met vars vrugte en die mooiste kleur versierings nog steeds erg gewild. Op die Champs- Elysees is Laduree Restaurant, gesog en eg Frans en bekend vir hulle uitstekende patisserie, daar word daagliks 18 000 macarons gemaak wat oor die wêreld uitgevoer word in die mees beautiful klein boksies!

Hierdie madam weet van bak niks of dalk amper niks. Ek weet van vinnige skons en quiche met filo pastry. Die odd ding hier en daar. Maar van rêrige bak, net mooi niks. Resepte boeke lees en my eie ding doen is heel goed mee maar daai dissipline en presiesheid van bak kon ek nog nooit regkry nie.

Dis termometer en breek van sekondes en digitale skaal en Kitchen Aids en silikoon baking sheets... g’n wonder ek het met potte en panne en skrapes en ‘n SKAAL teruggekom nie!

Nou’t die bak gogga gebyt!En al die nuwe speelgoed moet ingewy word!

Elke dag het sy eie wonderlike magic gehad: Hot chocolate by Angelina’s word bedien met water om te help afsluk en vars room, die rit op die luukse boot op die Seine met foie gras en ware French champagne  onbeskryflik, die operahuis slaan keer op keer mens se asem weg, so ook die plate blomme voor die Madelyn kerk.... as for churches, het ons drie kerse gebrand, musiek geluister en sommer net stil geword!

Parys bly my mees favourtie stad... dis besig en die Franse nie altyd sooo vriendelik nie. Die oë word maklik gerol en die skouers lig vinnig op om jou te laat verstaan: NO English! Gelukkig betower die stad jou so dat jy met ‘n lekker groot smile sommer iets in Afrikaans kwytraak! Mmm en ons wonder wat dit is?!

Te vinnig is als verby en sieklik vlieg ons terug met ‘n magdom onbeskryflike herinneringe en so bietjie oorgewig bagasie wat natuurlik potte en koppies en hope boeke insluit!

Dis ‘n lang vlug Huis toe. Duin toe. Na daai vier been lywe toe.  Maar hoe enorm is die wedersydse blydskap nie! So vinnig soos al die sterte en holletjies gewaai en geswaai word, so vinnig het my hart geklop!

Once upon a time... met ander woorde begin Junie voor ek weg is, was my lap grond tussen die olyfbome en turksvye mooi bestrooi met ‘n laag fyn skulp. Nou sukkel jy om ‘n patchie skulp te sien tussen al Mobe se draai wat hy gooi van opgewondenheid en natuurlik die excavation abilities van my beautiful pedigree gespotte madame is oral. Dié se neus is skoon vel af en het so permanente grond laag  van snuffel en grawe.

O so lekker soos dit by die Eiffel-toring was, so lekker is dit in die sement blok en om weer queen van my duin te wees! My groente tuin, ok, my groente bedding buite bereik van die verwoesters groei uit sy nate. Als is diep groen en gesond, en hoe lekker is dit om jou eie slaai te pluk!

Wat ek met al die tiemie en salie en rocket wil doen sal geen mens weet nie! Te veel vir my, net nie genoeg om uit te voer nie! Keep on dreaming.

Reis is ‘n voorreg. Dis soos eerstehandse inspirasie. Die beursie is wel dol dol leeg maar die siel en die mind is propvol mooi! Daar’s nuwe energie, dalk ‘n bietjie te veel, maar dis lekker om sommer met nuwe oë, met mooi in jou oë, na jou goeters te kyk en ook hulle skoonheid raak te sien.

So seil jong meneer Niehaus tussen Brasilië en Trinidad op hulle lange tog na Miami. As hy net weet hoe sy ma daai plooitjies oë en rastakop mis! Soms as sy boytjie Mobe so op en af, op en af met die strand hardloop voel dit of die hond weet sy pel is daar iewers op die water!

Nou om die rasende kop stil te kry en al die inspirasie stadig maar seker iewers te gebruik - that takes doing!

Ek het so lap armbandjie in die reën gekoop, sommer ‘n cheap dingetjie met ‘n klein disk wat lees: I have a dream. Ek dra dit hier aan my regter arm synde die linker een oorvol van my versameling silwer bangles is, want ek wil nooit ophou om my drome na te jaag nie, en ek hoop en bid my free spirited kind sal ook vir altyd sy drome uitleef.

Bly warm. En skryf jou droom neer, en weer en weer tot dit vir jou ‘n werklikheid word.

Bella Isabella.

Pauline en Lan3 op die Champs-ElyseesOns eerste ete in Parys..en ons deel dit!
Die Marais area se smart hondeOns plaat macarons
Verskillende biere in verskillende glaseEk wil so stoel he..winkel Merci
My quiche deeg.Die patesserie toonbank by Angelina’s
Uitsig van die Madelein KerkKuns Voor die Eiffel toring op die banke van die Sein.
Beautiful Nina JoubertEk Louis en Pauline by die chateau
aspersie en parmesan slaai met sterk mosterd vinaigre