My duin huis, die fynbos tuin en my kop is als skoon gewas.

Vir lank was ek omtrent queen of the dune hier...net ek geen ander huise. Salig. ‘n Eiland bestaan. Nou natuurlik pronk daar reusagtige paleise aan beide kante en is daai amazing salige dek sit en in stilte lees vir die eerste keer in sewe jaar minder lekker.

Nou hoe nou? Re-invent dan maar die lekker madam. Dan bou ek ‘n muur, maar ‘n muur met ‘n difference. ‘n Lekker wye trog waar ek vir my ‘n behoorlike kruietuin kan plant...rakke vir die odd pot. Terwyl daar nou vir die muur gewag word moet die re-invention aangaan!

Net daar word ‘n ou houttafel voordeur toe gedra en ‘n enorme houtvis word staangemaak om gaste te verwelkom.

So drink ek koffie saam met Jeanette. Het haar lanklaas gesien en ek kry ‘n belated verjaarsdag pressie. ‘n Ongelooflike kristal kruis...hang jy dit in die son is daar heeltyd ‘n reënboog.

Saterdagaand lê ek in my bed en wonder waar gaan ek kruis ophang....mmmm, die stuk dryfhout wat ek in een van my verfbuie wit geverf het moet nou maar ‘n chandelier word!

Sondagoggend so in die sagte reën is ek bo-op my scaffolding-planktafel besig om die krom stuk hout met gutt hang te maak en daar begin die lekker. Ek haal al my cheap kersfees decorations af van die colander-chandelier in die kombuis. Stoep toe met julle! En dan die een rooi blik hart wat ook so oor die kombuis tafel gepryk het. Die loodkristalglas wat Savvi so grasieus omgeloop het hang ook daar...kelk en voetstuk! En gisteraand ‘n string pampoentjies...en ‘n see-ster. En ek plant twee potte met rooi malvas...en Michélle en Dewald se sement pot is vol wit skulpe gepak. En voila....daar's ‘n nuwe lekker.

Prentjiemooi

En nie net vir my nie. Vir almal wat hier voor die huis verby drentel. Hulle gaan staan, smile en luister na die geklingel van glas en kristal.

Nou keer ek sommer die hele huis om. Linnekiste word koffietafels....ek skuif my kantoor na my lekker groot kamer. Nou's daar plek vir al drie die honde ( ja, DRIE want Mobe is nog steeds hier en nou het sy rastakopbaas ook vir drie maande kom bly!!!) en vir Picasso om uitgestrek te lê en bak in die son. Die swart sementtafel gaan ‘n ander kleur kry...en die voordeur...en die buitehekkie!

Na my eerste vergadering van die jaar (ek noem soms ‘n lunch ‘n VERGADERING!!) oppad terug Kaap toe lê daai hitte soos ‘n outydse swaar hangemaakte lappieskombers. Niks roer nie. Jy sweet net, oral en aanhoudend. Skielik kom die verkeer tot stilstand en ons kruip druppend vir kilometres. Aircon....nee, nie vir my nie. Dit maak die skulpe van my ore seer en laat my vel kriewel, glo ek. Liewer vensters oop. Mmmm net daar sien ek my derriere. Want daar is geen bries. Niks beweeg nie. By Bonteheuwel kom die verkeerd totaal tot stilstand. Nou moet aircon maar aan!! Want sit sal jy sit sussie!

Lessie te leer in die hitte: Elke stop in my lewe dwing my om rond te kyk om goed te sien. Die doen ek toe nou ook! En daar is hy: oorkant die pad staan die borriegeel skool van Bonteheuwel tussen die rye en rye dowwe flatse.Ek het dit nog nooit in 33 jaar in die Kaap raakgesien nie. Dan beur ons vorentoe en nou's ons by Nyanga. Iets vang my oog. ‘n Vision wat waar kan dit nie wees nie. Voor in die pad stap ‘n man. Lank, slightly bak bene soos John Wayne van toentertyd....beslis ‘n Levi 501 jean wat pikant pas. Hemp oopgeknoop en so oor die skouers en kop getrek sodat die maer middellyf uitsteek....so jy nie kan nie help om te sien hoe breed die skouers is nie. Maar dan die mees amazing detail: aan elke hand ‘n swart handskoen! Hy stap asof die hoofpad hier naas Nyanga syne is en agter die beeld van ‘n man slof-stap ‘n klein seuntjie: hemp ook oor die kop maar as jy in die truspieeltjie kyk, is daar ‘n six pack en ‘n klein boeppensie!!! What a picture!!! Ek skakel sommer vir aircon af en knyp my oë styf toe uit vrees dat die vreemde lug my aantas. Maar wragtag hier kom hy aangestap ...die lyf en die handskoene!

By die Jan Smuts Drive afrit Epping toe, net soos jy om die draai gaan, staan die icing sugar pienk Bokmakierie Primary School. In groot sement letters BOYS aan die eenkant van die gebou en aan die ander helfte van die gebou GIRLS. Die voordeur is in ‘n koepel vorm met klomp klein venstertjies! Beeldskoon! Dis die goed wat elke dag daar is. Wat karakter aan ons land gee. Wat die vaal en die dor ‘n lewe gee.

En op 4 Januarie 2011 is dit ‘n paar van die menigte gesigte van ons land wat my met soveel joy vul!

Selfs hier op die duin is daar nie ‘n bries nie. Heeldag bak die son die sementvloere warm en snags stoom die huisie behoorlik. Donderdag na ‘n nag van niks slaap en net rondrol, stort...rondrol...stort is ek met boek en al strandtoe. Water toe! Lê daar op die strand en lees ‘n baie slim boek. En so asof ek my vingers geklap het staan lief Hannetjie daar yskoue Grapetiser en nogal strooitjie innie hand. Sy't daar van Lekka by die See die ronde lyf in die navy swim suitjie herken....en strand langs gestap met ‘n lafenis! No that's what we call service!

Desember het ek weggekruip. So bietjie gehibernate. Oujaarsaand en die ewige fireworks dryf my nou al vir vier jaar na Enya en die garage saam met die vierpotiges. Hulle kry almal ‘n inspuiting groen ‘dope' in en dan met vaak ogies en bewerige lywe lê hulle styf teen die jukebox net om nie daai skote te hoor nie!

EN ek heel tuis op ‘n klomp kussings glasie borrel in die hand en al die diere by my! Happy New Year Bella!

En toe is dit 2011! Ek gooi die deure oop, plant tamaties, artisjokke, vinkel en eiervrug en nog massas basil en my pêlle kom kuier en bring die lekkerte van ‘n vars jaar saam. Ek skil daai hibernating suitjie af, sit ‘n voorskoot om die lyf en wy die nuwejaar in met kreef, vetkoek en strawberry slaai!

Mmmmmm. En nou is dit stapel gereg vir almal wat kom kuier....tot die laaste krefie op is.

Later die maand gaan maak ek vir die derde keer by SARIE ‘n draai as waarnemende mode-redakteur. Ek sien uit na die lekkerte om weer deel van ‘n span te wees. Ek weet net nie wat om aan te trek nie! Hier het ek so bietjie van ‘n beach bum geword....visplakkies, gebleikte hare en bietjie lipstiffie...en ‘n klein klerekassie vol swart tabbertjies!

Met die lekker en met Taro-kind wat besluit het hy spandeer die somer onder moeder se dak , is ek one happy madam!

‘n Ruk terug dwaal ek nodeloos in ons naaste boekwinkel rond. Brilloos en langarm soekend na iets wat my dadelik gryp. Tersia, van die boekwinkel, ken nou al my soeke en stop my Three Cups of Tea in die hand...die ware verhaal van ‘n Amerikaner wat na ‘n disastrous poging om K2 uit te klim, verdwaal en skuiling en sorg vind in ‘n verarmde Pakistaanse dorpie. Die eenvoud van hul leefwyse en armoede van die hele gebied inspireer Greg Mortenson om oor die volgende dekade 55 skole in Pakistan en Afghanistan te bou....op bladsy 125, Chapter 11: there is a candle in your heart, ready to be kindled. There is a void in your soul, ready to be filled. You feel it don't you? (Rumi)

My 2011 wens vir my, my kind en vir julle almal is dat daai kers begin brand en dat die leemte met joy gevul sal word! Mooi bly tot ons weer gesels. Bella