Dis die lewe - sekondes en als verander. Jy kyk met hartseer maar ander oë na als. Goed wat saak gemaak het, is nou eers prioriteit nommer NUL! En van die nul-waarde goed kry nou sterre en vlerke!!

My eerste SARIE-modestorie is in die emmer. Ek het sulke beautiful SAR-emmers wat vol laventel pryk ... dis een van daai emmers!!! Hoe lekker was dit nie....die Duinhuis as 'location' en 'n hele bende wonderlike mense. Hake en chips vir middagete by Lekka by die see.

So tien dae terug is ek, Fiamma en Sonia Cabano by 'n ete by die organiese wynplaas Org de Rac aan die voet van die Piketberg. Verteenwoordigers van sewentien lande en die minister van toerisme en 'n wonderlike burgemeester is daar. Dis warm. Daar's vetkoek en wonderlike boerekos uit die kombuis van nog een van Ouma Lotita Hanekom se kinners/skoonkinners. Willinda Hanekom van Moorreesburg.

Daar's 'n kunswerk....'n hele muur met 5 500 blokkies geverf deur kindertjies van die omgewing en geïnspireer deur die plaaslike kunstenaar Anthea Demotte. Dis 'n meesterstuk. Soggens en smiddae het die neglected kindertjies broodjies gekry.( En inspirasie.) Toe sy groen en geel meng, was daar 'n stemmetjie: Juffrou, dis magic!!!!

Daai kunswerk met sy enorme aarde deur juffrou geskilder versier 'n muur van die mooie wynplaas. Dit is perfek vir die kinderstemmetjies wat se: "We can't save the world, but we can save the Bergriver region!" Die moeite werd om daarna te gaan kyk.( En hul wyne te proe!)

Ek en Michélle is by die bekendstelling van Louis Vuitton se nuutste reeks by Ellerman House bo in Kloofstraat. Daardie kunsversameling is om van gek te word. Dis warm en stil en die skepe lê netjies opgeline vir die klomp mode-wysneuse! Hoe lekker om weer ou bekende gesigte te sien. En nuwes te ontmoet. Dan is dit ook daardie pikante handsakkies, sonbrille en natuurlik vir madam Van Breda die ringe!!!!!

Saterdagoggend is dit markoggend. Ek het 'n balie vol sonryp tamaties wat Malita vir my van Riebeeck af gebring het. Ek maak pakkies vol (en eet myself knuppeldik), en dan is dit kosmaaktyd vir 'n baie, báie spesiale middagete by die duinhuis die Sondag. Die middagete is vir iemand erg spesiaal. Maar ek gaan eers 'n draai met julle stap ...

In 1987, met Taro se eerste verjaarsdag, het ek en Charmaine Ferreira 'n kunsgalery in Exhibition House in Groenpunt gehad. Hou vas: Die argi ...ekte in die gebou was Andre Hoskin en een van die studente, minder belangrik maar amazing jong mans was niemand anders nie as die befaamde Stefan Antoni. Op die volgende vloer was die hoedemaker en kleremaker Chris Botes. Ons het hom Chris Rok genoem. Vir die opening het ek 'n grys pakkie gekry. Fabric inside out ... so grys met wonderlike swart tossels. Bietjie van 'n mermaid skirt en my wonderlike Italiaanse/Spaanse skoenmaker-vriend: Enrico. Hy het vir my 'n paar turkoois skerppunt-slingbacks gemaak wat so delikaat om die enkel vasgemaak het. Louis Jansen van Vuuren, Frans Claerhout, Hardy Botha ... hulle was my kunstenaars. Die kos was daai groot woord crudités...sommer repies groente en kase met die amazing dekadente dip van roomkaas, crème fraîche (in daai dae sommer suurroom), massas knoffel, Italiaanse kruie en toe reeds platters met ENORME bosse pietersielie sommer iewers ingedruk, lang brode en vino! Hoe bleddie braaf was ons nie!

Laas jaar ontmoet ek weer vir Louis en Hardy by Anet en maak 'n feestelike Franse ete hier op die duin. En toe Louis van sy digbundel, Tempermes, laat weet, is ek lekker voor in die koor. Maar wat van 'n ete hier aan die Weskus! So hou ons 6 Februarie 'n splendid lunch met smoorsnoek wat (volgens Rona) nie smoorsnoek is nie. Maar Bellllllla, dis lekker en mossels en tapas en vetkoek en lemoenskil-konfyt en liewe-liewe Hannes se geheime sjokolade-fondant. Louis gesels oor sy boek en Riana Scheepers lees voor. Debbie het vir elkeen 'n klein, vet sementkruisie gemaak wat in jou hand pas, en ons 30 stuks geniet die son, die huis en mekaar!!

Taro, natuurlik synde Vrydag 4 Februarie 25 geword het, skitter in sy afwesigheid. Dat hy liewer HIER was, maar pleks van karre parkeer sodat daar nie weer 'n revolusie oor die voertuie voor die huis is nie, het Meneer met pienk stamp (van Flamingos) op die voorkop, skaatsplank in die arms op my mooi spierwitte beddegoed aan die slaap geraak. Mmmmm, beweeg selfs moeilik, wat nog van karre rondskuif.

Maar Rona, Rensie en Dowie is op hul plekke en beautiful Estelle, ook Van Vuuren, bedien en dra en maak die dag 'n feesdag!!! Nooit weer hou ek 'n dag sonder Estelle nie. En Hannahkie én Le Roux van Lekka maak die oesters oop en hand deliver!

Woensdag is ek by Molenvliet in Stellenbosch saam met Aleit, ons wonderlikste wedding planner en sy wacky uitkyk en sy stunning span mooi jong mense wat drome create. En Donderdag: ta-dah, ta-dah, taDAH - my eerste modestorie vir SARIE (Mei-uitgawe). Ek het die beste saam met my - Johan Wilke en beautiful Portugese Fernanada. Ons model, 'n Amerikanertjie, Allison met wortelrooi hare, is 'n fees. Die voete is hopeloos te groot vir enige skoen. In fact, die groottoon is te lank. Maar met 'n: "I know what the wicked stepsisters felt like every day...I know their agony", druk sy daai lang groottoon in 'n paar pikante oud- mary-janes. En voilá... Wie sou droom die skoen pas nie regtig nie!

My week eindig met 'n praatjie Saterdagoggend by Polyoak. Polyoak maak al wat hanger is in die land en die plastiek-jogurt-verpakkings en, en, en.

Dis amazing: Die bestuur het gedink dit is tyd dat daar iets vir die 500 vroulike werkers gedoen word. Dalk is daar dié wat emosioneel mishandel word. Dalk is daar dié wat nie die nodige tyd en aandag kry wat ons as vrou verdien nie.

Hierdie amazing oggend word gereël - 'n rooi roos vir almal, goodie bags. Praatjies van mode en selfverdediging tot motivering. Daar's 'n uitstalling waar jy 'n vinnige manicure kan laat doen. Die regte onderklere aantrek. Jou grimering kan opdollie en die mense om mee te gesels as mishandeling jou pad kruis. Daar's vonkelwyn en pryse. Daar's 'n gees onder daai vroue van Polyoak wat moeilik is om te beskryf. Saam huil hulle oor iemand wat belydenis doen oor haar grootworddae op straat .... dan wikkel iemand daai boude en doen Michael Jackson na om 'n klomp sessies by die personal trainer te kry....en met baie giggel luister hulle na my en my mode-stories. Ek vertel: Never lose your sense of humor: Al dra jy jou bikini se broekie met fyn vlindertjies onder jou business suit, sit in daardie meeting en smile en dink: If only you knew what I am wearing!!!!!

Vrydagaand bly ek by jarelange vriendin Jane Curtis. Ons klim in daai Merc en gaan Muizenberg toe na 'n piep-piepklein restaurantjie naby die stasie: Carla's. Slaai en die mees ongelooflike Portugese styl prawns en Irish coffee. Jy moet bel, want Carla se plekkie kan net at a push 20 mense vat -hoe quaint is dit nie!

Dis Valentynsdag ... heeldag ook aan die Weskus! Terwyl ek so sit en skryf, SMS van Hannahkie van Lekka by See: Jou voorgereg is op pad. En hier stap die beautiful jong vrou strandlangs met 'n amazing beef carpaccio, parmesaan, en ek dink ... soet pruimsous, nee, soet bessiesous. Dis sulke wonderlike, impulsiewe klein genotjies wat die jong mense vir ewig in my hart sement. Dankie daarvoor.

More vroegoggend is dit Kaap toe vir 'n dosis nuwe exciting mallighede!!!!

Vir julle almal: The first duty of love is to listen. Dis 'n nuwe reis, 'n nuwe uitdaging: Om met oorgawe en liefde te luister!

Lekker week.

Bella.