Die strand lê soos ‘n skoon palet en wag om sy gesig geverf te kry. Daar's nie eers een enkele seevoël of a lone oyster catcher te siene nie.

En so begin ons oggend ritueel : die plat computertjie word aangesit, cappuccino word met sorg gemaak (ek is gekker oor die bone maal en daai hemelse reuk), stokke in hand en af strand toe met die driemanskap! Vir daai eerste uur van die oggend is ek rêrig QUEEN OF THE DUNE!! Al die seebamboes word uit die see geduik en stertswaaiend en trots op die strand rondgesleep...en vir die siele wat hier voor op die water bly, maar nooit ‘n toon in die water sit nie, blaf Emma wakker...of dalk hinder sy hulle net terwyl hulle die oggenstond verruil vir ‘n iets op hulle flat screen TV's.

Maandag laatmiddag sit ek in trollie op die hoek van Hout en Loopstraat. Vroeg vir ‘n afspraak. Ek is in die heel voorste parking spot.. so ek het ‘n enorme flat screen cinema nouveau wat voor my afspeel. Alle kleure en geure, koddig en sjarmant wat verby mince want dis amper 5 uur!! So word my bioskoop-kyk onderbreek met: "I'm sorry my Lady. My name is Ryan Pickard"... Dalk Pickert from Saldanhabaai. "Come to the city to work and I sleep on the street"......ja ja ja. Ek kyk op na die vriendelik gesig...sans voortande en oogtandjie soos dié van vampier.

Toe ek hom in Afrikaans antwoord gaan sy wonderlike verhaal in Afrikaans voort. "Mevrou sien hulle het nou die aand my SKOENTJIES gesteel...dit was my enigste SKOENTJIES. Ek dra eintlik ‘n nommer 7 SKOENTJIE maar nou druk ek my voete in die nommer vyf SKOENTJIE. Nou reken ek so: As die mense my sien waar ek vir werk vra, dan kyk hulle na my kleertjies wat netjies is en dan sien hulle die SKOENTJIES en wie gaan nou vir my werk gee met SKOENTJIES wat my so druk.

Ryan se verhaal het my nie alleen sy aandete laat borg nie, maar ook ‘n belegging in ‘n nuwe paar SKOENTJIES!!! Hoe wonderlik was dié 15 minute nie. Skaars was Ryan ‘n blok weg met sy fondse toe is Nadeem die blommeverkoper by die venster. Nou waar het die vrou van Langebaan dan in die stad ‘n grondpad gekry om te ry dat die karretjie soooo lyk?? En vinnig herinner hy my dat ek laas belowe het om blomme te koop. Ryan se storie word as verskoning gebruik en met ‘n goedige smile is hy van mening dat daai SKOENTJIES sy hand in die as getrap het!!!

Daar's seker maar op my voorkop AAP, pampoen of iets heel ergers gegraveer....of hulle sien sommer: dié antie in die vuil karretjie gaan luister! Ek het g'n altyd lus vir luister...maar telkemale maak daai gesprek my dag!

Laas Saterdag is ek Mosselbaai toe om saam met Dieter Voigt, Wilma van de Bijl, tydskrif-legende Pepe Sofianos en Natasha Sutherland die boordeling van Mej Tuinroete en Klein Karoo 2010 te doen. Ek en Pepe het die modes beoordeel. Die organisering is great, die tent is volgepak en die meisies asemrowend. Alle gelde word aangewend vir skuilings vir abused women..vier shelters. Elk van die shelters het ‘n vrou genomineer wat ‘n make-over gehad het. Daar is geen manier om jou trane terug te hou nie...weer word jy bewus hoe great vrouens is: ten spyte van mishandeling bou hulle met hulle eie hande vir hulle kinders huise, dra hulle met trots hul nuwe rokke en mooi haarstyle. Dis daai liggie van binne wat weer skyn wat mens raaksien...nie die sigbare letsels nie.

"And the winner of Miss Garden Route and Klein Karoo 2010 is": Marizanne Visser, fyn, beeldskoon en so humble! Haar rolmodel is haar ma Susan wat as enkelouer haar grootgemaak het en vir haar wonderlike waardes geleer het. ‘n Great kind met ‘n beautiful siel! Ek hoop haar eerste dag terug by die skool stap sy dapper in: Skooljurkie, reguit gesig en TIARA!!!!

Dié is ‘n projek wat deur die Casino op Mosselbaai aangepak is. So weird - 'n casino word as die plek van onheil gesien, tog is dit vir hulle al vir 7 jaar ‘n hoogtepunt om 'n enorme bydrae tot die shelters te maak! Laat mens dink...

Ek't nog altyd geglo ek is hier op die aarde neergesit om ‘n verskil te maak, nie net om frivolous te wees nie, maar om rêrige joy te bring. Nou is ek vuur en vlam om die Tuinroete na te aap en weer ‘n liggie aan te steek waar daar vir lank net donkerte en nag was.

'Trollie' is amper by haar 300 000 km merk, want skuur dié wil ek mos. Dis als die duinblyery se skuld dat ek deesdae met nuwe oë rondry - af teen die berg van Durbanville af en net voor Durbanville Hills het die bome almal nuwe helder gekleurde lappe wat hulle lywe vashou. Langs Heerengracht op is daar op die middelmannetjies groot swart potte met lente blomme. Dis asof die stad - sommer die hele Kaap - sy mooi 2010 sokker KLEERTJIES EN SKOENTJIES aanhou en enjoy.

En hier by ons is daar nou LEKKA BY DIE SEE!! So katspoegie van my af is daar die cute klein eetplekkie - wit gebreekte skulp op die grond, wit gewaste hout bankies en tafels, amazing vars oesters, wonnerlike calamari of hake en chips, en Hannetjie en LeRoux, die eienaars, wat kom sit en gesels.....en eers ‘n drukkie gee. En bly is om jou te sien ( al is dit drie keer in ‘n week...hie hie). Dis op die strand, nader kan jy nie. Daar's al so lank so ‘n enorme leemte vir presies dit: Honest food. Jy bring jou bottel wyn en sommer jou hond ook saam.......

Grooooot drukke hier van die Queen of the Dune.....en my drie vierpotige liefkinners.

Tot ‘n volgende keer

Bella Isabella