En nou pak ek my klein geel koffertjie met net the bare minimum om te gaan leer brood bak, die mooiheid, die skoonheid en die lekkerte van Hardy Olivier en Louis Jansen van Vuuren se chateau in die Limousin te ervaar....

Hoe het mens se ma vir jou geleer...altyd die skoon onderklere dra, want nou-nou is jy in 'n ongeluk...en rol die mense dalk hulle oë! Mmmmm, ek pas daai reël op die huis toe voor ek weggaan.

ELKE keer. Wat as ek iets oorkom en iemand sien hoe lyk die tuin, of die veelbesproke garage ... of my klerekas! Van verlede week word daar ge-declutter, weggegooi, sentiment word oorboord gegooi en té klein kleertjies word in vol sakke weggegee.

Saterdagoggend ry ek in totale stilte met David – alias Dowie die doofstom man wat my tuin met soveel sorg en liefde bewerk. Dowie is eintlik ‘n upholsterer. Op die Duin hang hy die harte as daar ‘n troue is, bou hy saam met Taro kerk op die strand, vryf silwer blink en as die party in volle swang is, kom gee hy hand met opwas. Hy is nou al ‘n bobaas oester-oopmaker ook!

Klim hy in die kar, klim daar ‘n sielvolle stilte saam met hom. Hy sit altyd so voor op sy sitplek. Pen-regop. Mongoose regop en bekyk die wêreld.

Die Duin met sy verinneweerde tuin en die bondel uitspattige diere is vir hom ‘home from home”. Dis hier waar hy by die rooi sementtafel kom sit en eet by ‘n gedekte plek....hier kan hy vir my die Duin toepak met oesterskulpe, elkeen perfek geplaas. In his own time!

En geduldig week na week lag hy gemoedelik en maak maar weer Persent en Savvi se tonnels toe! Hark en spit en pak die klippes reg!

Toe ek hom aflaai Saterdag en ‘n ietsie ekstra gee vir EEN Zamalek (Black Label) besef ek hoe ‘n ongelooflike happy soul hy in sy stilte is. Daar's ‘n lag in sy oog, die duime is altyd omhoog en hy love sy koue biertjie, is gek oor dans en hy kyk na die kleure van die veld en die lammetjies wat agter hulle ma’s aanhardloop. Nes Lauren Hutton het hy so 'n gap tussen sy voortande en as hy lag – wat ekstra gereeld is – praat die hele gesig, die lyf en die hande. Vertel dit als wat hy nie in woorde kan sê nie!!

So life has changed hier op die Duin. Daar word al hoe minder stad toe gejaag vir ‘n vinnige rondte tussen die winkels deur. Vir guitige lunchies hier en daar. Nou lewe ek die lewe van ‘n mark ‘madame’.

Wat begin het as ‘n klein kosmarkie een keer ‘n maand op die Weskus het gegroei na drie markte ‘n maand en twee in die metropolis!!!

Twee keer ‘n maand word The Palms in Woodstock met sy koepel dak omskep in ‘n bynes van aktiwiteite met 40 tafels gelaai met die wonderlikste disse, mandjies vol brode, pasgebakte ronde rogbrode, skrophoendertjies, pastei en terte, wyne, olies, outydse jaffels en vetkoeke.

Die traders ry van Tulbagh en Wellington, Darling, Hopefield, Saldanha – van die Overberg van Franschhoek en die Kaapse Vlakte.

Ons noem dit Fresh from The Platteland....want als word spesiaal vir die mark gemaak. Daar's nie goed wat jy by elke liewe mark gaan kry nie. Daar's ‘n plattelandse gevoel in die sjiek gebou....daar word geselsies aangeknoop terwyl jou goodies gepak word. Daar word gelag en mooi musiek gemaak en een van die mooiste gebou in Woodstock kry ‘n nuwe joie de vivre!

Is daar die dag nie ‘n pannekoek-man nie, word Elmien in Blouberg gebel. Sy bak honderd pannekoeke, Sonja tel op en deposit by my tafel. En saam met snoek paté wat op butternut-koekies bedien word, word ek vir die dag ook die pancake lady!!! En ek verkoop champers...als by een tafel!!

Die naweek is die grootste mark nog ooit!
Sy bars behoorlik uit haar nate! Ek voel so klein hartseertjie om dit te mis. Hoe raak mens aan ‘n mark verknog?! What’s wrong. Maar ek weet...dis daai gevoel van iets op die been bring en kyk hoe dit groei. En dan kry sy haar eerste paar Jimmy Choo-skoene! En jy’s nie daar om te sien hoe sy groot tree gee nie!!

Die mark het een groot familie geword. Saterdag na Saterdag is daar bekende gesigte, word daar gedruk en gelag en pak hulle hul sakke vol....en as daar blaaskans is, klets mens bietjie by ou vriende!

Saterdag vat Taro sy ma se plek by die mark. Skink en lag en klets. Die oë het natuurlik heeltemal agteroor gerol toe die taak EN ook om na die honde EN Picasso te kyk als op sy lysie verskyn!

Net so vining word daar planne beraam vir ‘n lekker party hier op die Duin – "Hoeveel naweke is Ma weg?!!!"

Taro Niehaus

Daar's ‘n ysigheid wat van die see af inwaai, als is crisp en vars en helder, maar elke aand kom groet die son in ‘n groot diep oranje bal op die horison. ’n Spel van kleure. Die Weskus op sy mooiste!

Onthou: daar's mos die dansvloer wat vir elkeen van ons gebou is...remember to dance!!! Begin met ‘n slowdance......

Vrede tot ‘n volgende keer.
Bella Isabella.

* Lees nóg van Bella se blogs.