Ohhhhh mens kuier lekker daar in hulle gastehuis ah!....en daar is altyd lekker mense van oral oor die wêreld. En saans dek hulle tafel vir tot 14 siele. Daar word asembenemende geregte gemaak en na elke dis maak jy jou oë toe en probeer daai smaak wegbêre in ‘n geheue-gaatjie! Annalize praat van my silwer sedan as my shopping trollie... ek giggle lekker, want eendag kan ek seker meer vir die twee splinternuwe agtersitplekke kry as vir die 'trollie' self! ‘n Kar moet werk....en die 'trollie' doen net dit! ‘n Kantoor met ‘n view. Honde wat luilekker in die winter son lê. Jy’t nie musiek nodig nie, die golwe speel elke dag hulle eie blyspel. Dis ‘n blessing. Maar....en daar is ‘n maar. Mens mag nie vir jouself of vir anner lieg nie....jy’t nodig om weg te ry daarvan, om in verkeersknope te sit en met seer voete in hoë hakke in nog ‘n mall steeds deftige treë te gee (hoë hakke laat my dunner lyk....so ek persevere!!!). Jy’t nodig om in ‘n lapwinkel te verdwaal, te voel aan goed, te ruik aan goed en anner stemme te hoor...anner wyn te drink. So hou ons daai kop aan die wonner oor what next?!!! Nou sien...my sedan is so lief vir rondrits soos ek. Sy is sooo betroubaar met haar stewige cute gatjie! Druk ek haar neus Rooi-Els toe vir ‘n lunch, ry sy terwyl ons Francoise Hardy...."if we were only friends" luid luister..... Net voor ek van die lunch vertel.... Kom ons maak gou ‘n draai in Hermanus vir ‘n oomblik (Ek is ‘n vrou. Ek mag oor 'n klomp goed op een slag praat..."I may deviate my thoughts"!!) Hermanuspietersfontein (was oorspronklik Hermanus se naam) het elke Saterdag ‘n kosmark om oor te kwyl. Nie alleen proe jy by die sjarmante skrywer Gerard aan Kleinboet of Bloos of Martha nie, stap jy aan na advertensie-guru Gerrie wie se tafel steun onder die mees enorme verskeidenheid eksotiese kase. Daar's filterkoffie, vetkoeke met mince....die wonderlikste sjokolades. Daar's kos om van te droom....en...en dit is ‘n groot EN...Jy vat jou bottel wyn in ‘n ice bucket, met porseleinbord, mes en vurk en al jou aankope, en sit lekker en kuier. As die tafels vol is, skuif jy in by ‘n tafel waar nog sitplek is.....en kuier voort. Terug na Rooi-Els. Dis waar Gerard die skrywer en Anuta Scholtz bly. Op 1 Augustus het Gerard sy roman Lig Wankelend in ‘n spookhuis met spinnerakke en ou ou meubels in die asemrowende Kogelberg Natuurreservaat bekendgestel. Sop en brood, wonnerlike wyne, bekende gesigte en stemme, en die onbeskryflike stilte en klippe. "Trust him to do something so earthy!!" En wat doen ek en trollie verlede naweek? Ons jirts weer Hermanus toe vir Vrouedag. Saam met my lief-vriendin Mariki en Annette van Nosy Rosy-faam dek ons ‘n tafel met draad kokerboom en tooi hom met kristalle wat hom laat skitter, linne servette met ons name daarop geborduur - als in witte, gryse en kristalle. "And the winner is".....ONS!!! Fab om te wen. Tog is dit die vorige aand se dek en loer en lag van die gasvrouens van die 30 tafels watjou laat smile en goed voel. Hulle is daai "gekonsentreerde vitamiene B12-inspuiting-kursus" waarvoor ek Hermanus toe gejirts het!!! Terug in die kantoor met die view is daar klomp nuwe gedagtes....nuwe goeters. Koppie raas....so baie inspirasie....waarheen daarmee madam!! Sodat ek nou nie vir ewig op hakke moet wees nie....dartel ek deur die groen area (dogs on leash-gebied). Dis wonderskoon. Blommetjies in elke kleur en skakering, en veldkool. Tot die onkruid het mooi fyn ou kleeeein blommetjies....nou verstaan jy van dartel. Niks met my fynheid te doen nie - dis van ligvoet wees om niks plat te trap nie! Sommer net voor ek groet en synde ek op die rantjie van 55 is: moenie so haastig wees dat jy die klein afdraaipaadjies nie sien nie. Dis dikwels waar jy magic vind. Staan stil en se môre vir die son. Dit maak mens se binnestes warm!! Bye bye Isabella.