Dis 10.10.2010.....die wind is storm sterkte en die wit gekalkte pale vir die strand troue waai sommer om in my delikate fynbos tuin. Die meubels lyk grys op die dek......die rocking chair met mock koeivel rock sommer so op sy eie....maar binne-in die huis is dit anners. It’s a wedding madame! Daar's emmers en bakke en bottels vol wit iceberg rose, laventel en waksblommetjies. Die lang tafel vir 40 mense is elegant gedek met damask-tafeldoeke en wit linne servette en ou silwer. Elke gas se naam in geroeste draad....dis hulle gifts. Enamel-koffieketels vol pietersielie, seldery, roosmaryn en laventel gee daai tongue-in-cheek humor. Dis Ian en Barend se troue. Die eerste gay troue by my huis. Al die gaste dra wit. Dis ‘n Sondagmiddagete...lang tafel, baie gesels en bakke en bakke vol wonnerlike ouwêreld-kos: Boudvleis, ma se hoenderresep, gerookte varknek, stowe patat-mash, gebakte aartappels, pampoenkoekies, rys en geroosterde groente......so ‘n nuwerwetse slaai en al wat sous is, het ‘n helse twist! Poeding: Lime-infused crème brulee en chocolate truffles volgens Arnold se resep. In die kombuis help Fiamma my. Sy’s ‘n legend in die restaurant industry en dié elegante, ongelooflike beautiful vrou bly in Koringberg in ‘n chatreuse-groen huis! Als omtrent Fiamma is so blêrrie elegant - van die perfek-gegrimeerde gesig, tot die voorskoot en bril wat so net-net op die neus bly! My span, Rona, Jen (die’t verjaar - sy sê: Sweet sixteen and never missed a kiss!!!) en Dowie is op hulle poste - en beautiful. Nede is ons waitress. Ons pak ‘n reuse skinkbord vol tapas, maak cocktails van roosstroop, vodka en tonic, en ‘n paar granaatpitte en mintblaartjies in botteltjies met strooitjies. Die 40 gaste eet, raas en lag. Die sermonie is sooo beautiful en daar's min droë oë. Ons klomp werkers snuif-snuif so ônnerlangs en dan sing Minette, mezzo-sporaan O Mio Babbino Caro. Dit is nou die ultimate....die trane loop sommer in die appel-en-crème-fraiche-mousse wat ek met soveel sorg maak! Wow, hoe beautiful is dit nie....EN DIT ALS in my duinhuis! So dikwels wonder ek hoekom hou ek al die goed in my huis wat tog vir my so precious is: Louise, Barend se juffrou-vriendin verwoord dit: Dis awesome dat jy die wonderlike spasie van jou met ander deel! Ek sou dit nie gedoen het nie! Sônner om te dink, antwoord ek: Ek wil die joy van die plek met anner deel. Mens mag mos nie so selfsugtig wees nie! Maandag ry ek Kaap toe met 'trollie' vol stoele en glase, en oppad slaan daai ougat wipstert die 300 000 km merk en ek dink weer hoe special die dag was. Hoe groot ‘nvoorreg om die heel specialste dagin Ian en Barend se lewens vir hulle amazing te kon maak! Dankie julle!! Ek mis my kind. Ek mis sy stem. Ons Skype elke aand en aand vir aand neem ek foto'tjies van Mobe en stuur. Skype is great, maar ek mis daai 'Haaaaii Mother' oproepe!! En toe die wônnerlike nuus: Hy het die All African Record verbeter met sy 50.62 knope!!!!! Go kiddo!!! Woensdagaand was ons dierbare en amazing ouma Lotlita Hanekom se 80ste. Daar in Moorresburg het die kinders en kleinkinders vir haar en al haar vriende, jonk en oud, ‘n fees voorberei. Hulle is almal van ons heel voorste kosmense, maar dis Ouma wat die kos vir haar 80ste self ge-orchestrate het! Sy trap diep, diep spore in my en Taro se lewens. Dis kosbaar om te sien hoe die rasta-kop daai 6 voet 5 duim lyf dubbelvou om eers vir Ouma ‘n drukkie te gee. Sy hart behoort nog altyd net aan sy ouma Issie, nou’s daar ook ‘n baie spesiale plek vir Ouma Lolita! She’s bigger than life....dis so ongelooflik om te sien hoe saggies sy mense se siele voed! Ek dink ek is deel van daai Hanekom-Schreuder-Joubert-Lategan-familie.....dis ‘n voorreg! Kyk, of mens nou queen of the dune is, of ‘n once upon a time fashion stylist wat nou bietjie beach-bum geword het - daar kom ‘n tyd wanneer jou natural blonde/grys gestreepte lang hare ‘n bietjie van ‘n lift nodig het. Op aanbeveling van Pauline en Lolandri maak ek Dinsdag ‘n afspraak by Salon Ben, neffens die Pet Shop, in Langebaan. Lana groet "middag mevrou" en rol oombliklik die oë sodat die wit skel sit teen daai beautiful donkerbruin vel toe ek met intrap laat hoor, "moenie my hare borsel nie", "koeke klaar uitgeborsel" en "moenie my kop masseer nie, ek's kleinserig"! Na ‘n klomp lae tinfoil moet sy eers ‘n oom se hare gaan knip en Vanessa vat oor: Sy’s 'n klein kortetjie, hele kop vol vlegseltjies en klein kort armpies. En sy staan nie op ‘n boksie nie - so jou kop word agtertoe gerem!! OK, kop is vol foil - nou luister ek maar, want daar is g’n teken van glas water, koffie of tee nie. Die dekor is sparce....die SARIE’s twee jaar oud, maar die gesels en karakters is eg Koöperasiestories!! Ek beloer als in die spieël en luister. Die oom wil weet of Lana ook op lyke werk, "want as ek doodgaan moet jy sorg dat my hare in die kis goed lyk"! "Maar Meneer, Mevrou het geskel oor ek Meneer se hare laas so kort gesny het, nou wat nog van in die kis!" Hulle stap vinnig in, tjoef-tjaf is hulle uit. Daar's nie spieëls wat gehou word om eers te kyk nie: Nee. Jy sit, jy word gesny en geblaas, en ciao! Toe al die foil hel hard uit my kop geruk word, skrik ek so effe vir die wit kop met ‘n "nee o jitte Mevrou, dalk is dit biekie baie wit. Spoel met Gengian Violet, en ek is oppad. Ek hou van my baie wit kop en sônner al die tierlantyntjies, was dié soos ‘n outydse fliek! Lekker week vir julle! Drukke van die Weskus Bella.