Gaan bietjie buite toe en jy bibber jou boude stokstyf!!! Elke jaar dié tyd kom daar so 'n sagtheid om my hart, want dan is dit Japie Basson se verjaarsdag... en vanjaar, met sy 5de boek in wording, word ‘n rêrige legende die naweek 92 jaar oud... so skerp soos ‘n HB-potlood... ’n gentleman soos mens nêrens meer uitgrawe nie en ‘n leermeester. Ek is ewe voor op die wa om hom OUPIE te noem... wat daai beentjies vroeër jare alte hoog opgeskop het op ‘n lekker dans, wat vir alles en almal deernis en respek het, die een mens wat altyd vra hoe dit met my kind en met my gaan en jy weethulle gee rerig om, sy respek vir als wat leef en beweeg, is enorm. Oupie is die leier van ‘n groepie ouer mense wat ons twee Niehause se lewens verryk... wat sagte plooitjies om my kind se oë bring... so sag dat die rasta-hare met hulle kraletjies sommer skielik mooi word. Deel van Oupie se lewe is Clare. Sophia Loren is pragtig en mooi en als... Liefie is BEAUTIFUL... sy was dit altyd en in haar tagtigs is sy dit steeds... In Wolmaranstad is my liewe Tant Leentjie Bramley... my ma se baba-sussie... lekker diep in die tagtig... maar leer dié wil sy... oop, moderne kop. Stem dalk nie met als saam nie... maar sy wil van als weet!!! Moorreesburg is ouma Lolita Hanekom se dorp... Almal ken haar, en ontmoet jy haar een keer wil jy hê sy MOET ten alle koste deel van jou wêreld word ... sy moet vertel... en lag en nog vertel ... en daar is niks lekkerder as die drie dogters so saam met haar sit en stories uitruil nie. So is dit ook met oom Hannes Strauss van Bloubergstrand. Vertel net nog stories... ek gaan stil sit en opslurp!! Oom Hannes en Joyce met haar befaamde neutekoek en soetmosterdsous is twee ongelooflike karaktervolles... daar is honde en katte, hoendertjiesen ‘n pappegaai! As ek dink aan die ‘over eighties’ is ek dadelik kwaai met myself... kyk, Skattie, daar is nog ‘n goeie 30 jaar vir jou om on the ball te wees!! Nie nou al oud wees nie! Ek ‘salute’ die wonnerlike volwasse liefmense!! En vir Oupie... Happy-happy!!! Net so doen ek ‘n buiginkie hier oorkant die oseaan in Saldanha vir Debbie en Nico en daai garage van hulle ... karre... you must be joking... dis moulds (van een of ander hoogs intelligente stof) ... konkoksies van sement... ou hout wat met ‘n sagte hand weer glorie kry en voila... lekker vet, slightly oneweredige kruise en harte en teëls en houtpanele. Debbie is ‘n fyn vrou... erg oor mooi lyk, mooi aantrek... die regte juwele... maar g’n afskuur of gaatjie boor kry vir madam onner nie. Hulle het ‘n Gift Shop op Vredenburg (smuldorp ala die mark), maar die kruise van sement... vandaar die naam KRUIZEMENT... is besig om die land binne te dring. Vir almal is daar iets eie... vet kruise... plat kruise... Daar's kruise met harte op en kruise met nog kruise op... wat kan jy sê?... ek wil hê, ek wil hê!!! Daar's nie ego’s by die twee van Wyks en die seuns, Nicky en Brain,en die drie honne nie... hulle is van daardie werklike kunstenaars wat wil skep en mooi maak... hulle harte sit op die regte plek.... Loer vir oom Japie op www.politika.co.za en gesels met die Van Wyks op kruizement@vodamail.co.za Dankie dat julle my lees. Tot volgende week. Isabella Bella.