Dis nou juis in die vroeë oggendure wat ek gewoonlik besluit die tuin het ‘n regruk nodig!! En dan is dit vinnig spring voor die wind jou lus wegwaai. Gister het ek lekker gesonde basiliekruid, vinkel, tamaties en garlic chive-plantjies gekoop....nou die groot vraag: WAAR o WAAR plant ek julle sodat julle veilig is teen die twee aanslae van die viervoetige excavators!!!! Laat ek dit só stel: Daar is tande geslyp op al die stamme van die olyfbome. Dis eintlik amazing want ek hoef nooit die los lote onder af te snoei nie - it gets done for me! Nie eers ystervarke knaag aan turksvye soos Mobe nie. En Savvi - so beautiful en elegant met die swart kolletjie tussen die oë: Sy eet rocket en die flat leaf pietersielie. Al wat teen haar bestand is, is die pot met die outydse krul pietersielie en die gewone common tuinmint wat teen die mure uitklouteren o ja, die ivy! Terwyl die tuin op ‘n gereelde daaglikse basis ge-rearrange word, lê Emma die ou spaniel agter ‘n bak ônner ‘n olyfboom se skadu oop-oog en snork! Mens mag nooit hoop opgee nie... ai, ek HOOP RÊRIG die potte het nog môreaand plantjies!!! Vriendin Mynie stuur oor die naweek vir my ‘n video-clip van‘n hond wat tog so hard probeer om sy jong kinderbaas se aandag te kry....nee, dié kyk TV. Hy dra sy leiband, dan ‘n bal, dan ‘n speelgoedbootjie. Dan ry hy op 'n skaatsplank verby - g’n aandag. En dan gaan pak hy ‘n tassie met sy hondebak, rubberbeen, leiband en staan met tassie by die voordeur. Dis sooo ougat en het my, slightly tranerig, laat dink aan hoe my klein witkopseuntjie al te dikwels in Blouberg sy rugsakkie gepak het, met sy indraai-voetjies weggestap het, als in sy houtkiskarretjie gepak het en vir Beauty gevra het om hom om die draai te stoot na die Van Rhyns oorkant die kerkie. Louise en Johan het hom maar proesend telkemale onder dak geneem..... arme bloedjie! Die kuier het net tot aandete gehou tot hy iets moes eet waarvan hy nie hou nie. Dan is die 200 meter terug huis toe gedrentel .....kiskar al sleepend aan ‘n tou! Met Dirkie wat ‘n oog hou dat hy veilig is! Ek maak my oë toe en sien die klein lyfie, die blonde krulle...die dimples in die handjies. Die kwaai gesiggie. Dan sien ek hom op Die Burger se voorblad......eerste Suid-Afrikaner wat 50 knope op water haal - 92 flippen kilometer!! Groot sterk, handsome! En sommer so op ‘n Dinsdag word ek ‘n private secretary want jong meneer is nog in Lüderitz. Ekke Skype, antwoord die foon met gelukwense en emails en Facebook en als is so professioneel. Nou ja, net daar loop die tranesommer, want dis dan my klein seuntjie dié! En nou’s hy sommer almal s’n! Wat is dan lekkerder as om oor ‘n glasie wyn ‘n verspotte nuwe plan op te droom en dit dan vlerke te gee! So tussendeur ‘n lekker ete met interieur-fundi David en heerlike eksentrieke vriendin Hanlie van die Paarl - ons eet slaai en quiche by Caveau in Breestraat - drink wyn en soda en praat en praat en drink nog ‘n wyntjie en daar's sy gebore: Pandora’s Box.’n Dag vir vrouens met David en ek wat tafels dek. Syne grand. Dit wat jy het met ‘n nuwe iets by. Stylvol en sjarmant, my ou goed - recycling. Tafeldoeke uit blokke ou lap, 'n ou rokkie se kant-onderrok wat ook deel van die tafeldoek word. Iets met ‘n sense of humour! Daar's iets om te eet, lekker wyn om te proe en die tjerrie: eksklusiewe goedjies om te koop vir tafeldek: Versamel van Thailand tot in Hopefield. Als hand-picked vir die dag se shoppie in die Duinhuis!!! Ons drie skop af met die dag in November. Volgende jaar bied die rondreisende Pandora’s Box iets heel anders in Blouberg by David se huis en dan weer dra Pandora 'n nuwe rok in die Paarl by Hanlie...en ...ons moet nog dink waarheen dan... En daar vlieg Pandora met haar BOX! Ek giggle lekker wanneer Taro luister na new interesting avenues waar sy ma gaan rondstap. Die kop word geskud, gesig word in die hande toegevou en al wat hy kan uiter: Mamma is ‘n malletjie! Ek wil nie hê my gees moet ooit oud word nie....the old body is showing definite signs of ageing...maar die kop, sy bly jonk en besig! Daar's wyne en whiskey-proeë, selfs coffee tasting. Nou kan jy weggevoer word na die tyd van Louis XVI met ‘n reeks kerse en geure wat vir die Royal Court in 1762 ontwikkel is: ‘n Candle smelling experience. 9 kerse in dik groen glase - each shaped by artisans from Italy! Kers staan elegant onder glass domes en die dome word so voor jou neuse geswirl om die ongelooflike kombinasies van reuke vas te vang. Maak jou oë toe, luister na die verhaal, ruik die vloerborde van Versailles of die reuk van leer en tabak....fresh laundry. Die twee vrouens van die Grand Gallery Boadicea op Granger Bay, Jane en Suzette, het albei ‘n liefde vir reis en is lief vir soek na eksotiese ware. Op hullereistogte deur die wêreld vind hulle ongelooflike gems en die resultaat is die Gallery. Die hele atmosfeer van die Grand Café - sinkplaatskuur op die see langs die Waterfront - is iets om te beleef. Elegant gedekte tafels met rooi glase, enorme chandeliers, reuke en geure wat jou na elders wegvoer en op die seesand, ’n reuse skelpienk bank in die vorm van lippe!! Dis nie net ek wat ‘nkantoor met ‘n view het nie. Net hier knus naby lyk Hannetjie en Leroux van LEKKA BY DIE SEE se kantoor ook so laatmiddag! Met ‘n bordjie vars oesters en ‘n glasie wyn wil mens net heeldag sit en werk....hie hie!!! Lekka by die see Lekker week vir julle.....