Ek het die liefdesgedig vir my man geskryf toe hy op pad Burundi toe was. My Engel

Toe ek jou ontmoet

Het ek geweet die Vader is goed

Ek is versot op jou humor – jou lag!

So bly ek kan wakker word langs jou elke dag

Ons eerste “date” sal ek nooit vergeet:

Jy’t my in Pokkel gevat om te gaan roomys eet

Dis net jy wat my kan soen tot ek hoendervel kry

By jou, my Engel, sal ek vir ewig bly

Ons huis is gebou op godsdiens en trou

Met hierdie briefie dig ek my liefde aan jou:

Jy is vir my die mooiste ding op aarde

Ek is verlief op jou blou oë en hare.

Met jou sagte aard en liefdevolle oë

Kruip jy dieper en dieper in my hart

Dit kan jy maar glo

Waarlik, ek is altyd eerste op jou lys

Jy maak vir my die deur oop en sluit die huis

Ek vertrou jou met my hart en gees

Jy’s so lojaal, ek wil elke dag by jou wees.

Veiligheid is die gevoel wat jy by my wek

Ons het so baie lawwe tye – mense dink ons is gek!

As jy ver van die huis af weggaan vir werk

Verlang ek my dood – veral in die kerk

Jy ken altyd die regte antwoord of beraam ’n plan

Niemand kan iets so goed doen soos jy nie, my man

Ek soen jou en druk jou, my sielsgenoot, styf

Prins van my drome

Styf teen my lyf ...