Ons is in die sesde maand van die jaar en ek weet nie van julle nie, maar vir my voel dit hierdie tyd van die jaar verloor mens spoed. Die inspirasie van die begin van die jaar ontglip jou. Dinge is terug na normaal en jy het geen vordering gemaak met jou voornemens nie.

Ek skryf hierdie blog met die tema: Dit is okay! Ek wens meer mense het dít vir my gesê toe ek jonger was: dat dit nie die einde van die wêreld is nie. As jong mens – maar ook soos jy ouer raak – vergeet jy maklik waaroor jy vandag bekommerd is, gaan heel moontlik oor ’n jaar nie meer belangrik wees nie.

So jy het nog nie die 5 kg verloor wat jy só graag wou nie en ook nie die bevordering gekry waarvoor jy so hard gewerk het nie. Jy is gefrustreerd met jouself en voel jy verdien nie selfliefde en -waardering nie. So hoe gemaak as jy vasgevang is in ’n donker kokon van ek is nie goed en mooi genoeg nie?

As die eksterne geraas van werk en sosiale media so teen my interne geraas van teleurstelling baklei, druk ek die shutdown-knoppie. Alles om my moet eers stil raak, sodat ek my eie hartklop kan hoor. Ek sit my sosiale media af en boek ’n middag of aand van my week net vir myself uit. Vir jong werkendes en besige mammas klink dit dalk onmoontlik, maar jy is dit aan jouself verskuldig om tyd te maak vir jou eie sielsgesondheid.

Navorsing wys sielsgesonde mense maak tyd vir hul eie dinge. So terug by my shutdown-knoppie: Jy het die mag om te beskik oor waaraan jy jou daagliks blootstel en die inligting waarmee jy jou brein voer. Ek weet ná werk gaan sit jy outomaties voor die TV en blaai deur sosiale media. Of as ’n ma maak jy kos, help met huiswerk en pak kosblikke. Maar jy moet leer om tyd te maak vir jouself. Staan ’n uur vroeër op en geniet jou koppie tee in stilte. Deaktiveer jou Instagram vir ’n week. Fokus op jouself en hou op om jou lewe met ander s'n te vergelyk. Glo my, jy sal weer met jou eie magic kennis maak. Sosiale media is een van die heel laaste plekke waarheen jy moet gaan om okay te voel oor jouself, want jy sien net die mooiste en beste oomblikke van ander mense se lewe. Ek unfollow sommer vinnig ’n blad of persoon as dit my minderwaardig laat voel. Gaan dink wel oor die vordering wat jy die afgelope vyf maande gemaak het, met of sonder die ekstra 5 kg om jou boude. Het jy ’n oomblik teruggesit en gedink waar jy ’n jaar gelede was en waar jy nou is? Is dit nie fassinerend om te dink hoeveel jy gegroei en geleer het nie? Hoeveel het jy nie van die lewe geniet en dit met stampe en stote voluit beleef nie?

Beautifying apps: I find it insulting that apps are promoting the ability to "beautify" us, as if we are not good enough by just being who we are. NO thank you! I will not be brainwashed to believe that I am not good or beautiful enough by just being myself. I will not spend hours of my valuable time trying to correct everything about myself that is not "socially acceptable." You are the only one who defines your beauty, from the inside out. You can throw a middle finger at all beautifying apps when you see them promoted. There is NO need for you to be "corrected," you are not a grammatical error. Take ownership of your poetic license to life and beauty, you are already magnificent as you are. I am sending you acceptance strength and love in abundance! Thank you for this unretouched black and white portrait @dewaldkirsten, with no skin softening and no face shaping. All skin credits goes out to my wonderful friend @theskinmedic_za. #beautifyingapps #effyourbeautystandards #noretouch #nofilter #unretouched #portrait #blackandwhite #naturallight #closeup #curvemodel #ownership #poeticlicense #youaresoenough   A post shared by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on

’n Bietjie selfondersoek bring jou by daai groot “aha”-oomblikke. Dan hoef ek nie eens te skryf oor okay wees nie, want jy sal self besef: “Ek is meer as okay. Ek is eintlik amazing, man! Ek het nie sosiale media nodig om myself te vermaak en het niks om aan iemand te bewys nie. My groei en die kwaliteit van my menswees kan nie in likes of followers gemeet word nie."

Die beste oomblikke van die lewe haal in elk geval nie sosiale media nie. “My concern is that our generation will miss their destiny because they are too busy scrolling through everyone else’s.” – Christine Cayne.

Die beste oomblikke van die lewe wag om aangegryp en ten volle ervaar te word. Sielsgesondheid is gewortel in selfliefde en selfaanvaarding. So wees jou eie grootste follower en gee vir jouself al die likes wat jy verdien!

Liefde en groete

Marciel