“Liefie! Liefie! Liefie!”

Só het ’n ernstig beseerde kaptein in die weermag eergister desperaat na sy vrou geroep en tussendeur mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas nadat ’n kabelswaaisprong buite Graskop, Mpumalanga, skeefgeloop het.

Kapt. Hendrik Samuels (28) en sy vrou, Jo-Ann (25), was saam in ’n harnas vasgegespe vir ’n tandemsprong en het sowat 60 meter diep in die Panoramakloof gehang nadat hulle hul teen ’n rots te pletter geval het.

Kapt. Samuels, verbonde aan 7 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon (7SAI) in Phalaborwa, se pogings om sy vrou se lewe te red was vergeefs.

Lees die volle berig op Beeld.

Net sowat 'n maand gelede is Jo-Ann se aangrypende liefdesgedig aan haar man, Hendrik, op sarie.com gepubliseer. Lees dit hier