Ek onthou die aand, byna ’n jaar gelede, toe jy kom sê het jy het tyd nodig. Tyd wat ’n hereniging met jou eks sou insluit. Daardie aand het jy my toekoms, drome en my hart in stukke gelos. Ek sien hoe my hart byna weer gesond is. Nou krap jou SMS'e weer al die rofies af en ek staan by ’n kruispad. Kwalifiseer vergifnis jou outomaties vir ’n tweede kans? Sal ek kan glo dat jou liefde vir my die letsels sal wegvat? Sal die vrees dat jy weer sal weggaan my weerhou om jou hierdie keer met my hele hart lief te hê? Verward, Pretoria