Ná 26 jaar in die bedryf is Kate Moss steeds ’n gunsteling - nie net by die modehuise en ontwerpers nie, maar ook by die publiek.

SAARTJIE hastagMense kan nou maar eenmaal net nie genoeg kry van hierdie vrou nie. Sy is ’n mode-ikoon en het in 2006 Vanity Fair se Hall of Fame-lys betree as een van die bes geklede mense van alle tye. Sy deel dié lys met groot name soos Grace Kelly en Coco Chanel.

Dis g’n wonder dat sy nou ook haar lyf mode-ontwerper hou nie, want smaak en sterkrag het sy beslis.

Nadat sy al wêreldwyd op meer as 300 voorblaaie verskyn het, het sy vanjaar nóg ’n gesogte voorblad losgeslaan - die Mei-voorblad van die Britse Vogue. Duidelik raak mense nie moeg van haar nie, wat weer eens bewys as sy haar naam of gesig op iets sit, verkoop dit.

UK Vogue Mei 2014

Met al hierdie prestasies is dit geen wonder nie dat Topshop haar genader het om spesiaal ’n reeks vir hulle te ontwerp. En dít gaan ook in SA beskikbaar wees!

Wat die modekenners oor Kate sê

Die eksentrieke Vivienne Westwood

Nick Grimshaw, een van Kate se vriende en ook ’n Britse TV-aanbieder

Só beskryf Kate Moss haar reeks wat beskikbaar is by Topshop. Ek's so opgewonde dat ek uit my vel kan spring!

Kate Moss se voorblaaie deur die jare