My selfoon lui en my twee oudste spruite lig my in dat hulle die oueraand by hul jongste sussie se skool op Stellenbosch bygewoon het. Hulle speel ma.

Dankie vir drie pragtige dogters, bid ek. Dankie dat hulle my toelaat om in die buiteland te werk sodat ek ons gesin finansieel bymekaar kan hou, en my waardigheid weer kon terugkry nadat 'n pa uitgestap het op 'n ongelooflike gesin.

Die hartseer is by rukke groot, die trane baie, maar ons bande is heg. Dit is 'n voorreg om ma te wees van drie dinamiese jong dames.

Helene van Schalkwyk
Kaïro, Egipte

Foto (van links): Hendrien, 25 jaar (Matie M-student), Emily, 23 jaar (Kriminologie en Sielkunde-student by UNISA) en Jacome, 16 jaar (Bloemhof-koshuisganger).