As ek vandag ’n skryflekker soet in jou handpalm kon sit ... sag;

sou dit my feelings vir jou uitspel sonder dat ek sou stutter

en in jou uitbring die inner child en jou prag.

In hierdie heartshaped sweetie sou jy saggies kon lees:

"I love you";

So is dit, my engel,

my baby true

En die kere wat jy sou kwaad raak,

sit ek net nog ’n skryflekker soet in jou handpalm ... sag;

todat ek jou smile sien deurskemer, totdat jy vir my begin te lag.

En wanneer jy jou hand oopvou en sien: "I'm sorry"

gee jy my ’n kamma-klap en begin daaraan te suig,

soos sweets ... nog sweeter is jy.

En wanneer ek weer my gevoelens moet uitbeeld,

dan sal jy weer een van daardie skryflekkers kry.

Ons gevoelens is mos maar vasgevang in skryflekkers,

en gelukkig vir my is jy mal oor lees.

Ek soek nou nog net na daardie skryflekker

wat sê: “Sal jy vir ewig myne wees?”

En vanaand gaan lê ek weer in my bed alleen en ek weet dat jy alleen is in joune,

daar is dream catchers wat uit jou dak hang, jou duvet is pers en myne is oranje.

Saambly is verbode in ons verhouding, pure en ordentlik.

Lê jy vanaand met jou kussings styf teenaan jou, en ek weet dit spreek uit:

Baby boy, ek mis vir jou”.

En ek lê halflyf weggesteek lepel met my duvet

terwyl die Windhoek-somerreën die beat hou teen die ruit

en jy die beat hou in my hart.

Dan toonset ek ’n gedig daarop totdat die wolke in my siel druppels deur my oë aarde toe stuur.

Dan draai ek die kussing om en soek ’n droë kant.

Dink jy ook aan my vanaand? Dans jou siel saam op die reën se drupritme?

En met daai gedagte sluimer ek in ...

In droomland vat ek jou na die Merry-Go-Round,

koop vir jou ’n icecream cone en hou myself verspot.

Hier het die pret geen einde en jou smile kikker my op.

Hier in droomland vanaand is dit ek en jy, en die wêreld maak nie saak,

want ons het dit wat ons nodig het en kort niks meer uit die lewe.

Vanaand het ons mekaar, my baby, dit is ons s’n en vanaand lewe ons die hede.

Dan skrik ek wakker, nog moeg van die nag se manewales

en mis ek jou met dagbreek alreeds.

Mis ek jou teenwoordigheid met die eerste koppie koffie.

Elke sekonde wat ontsnap, ontsnap met ’n gedagte van jou,

en elke oomblik van my lewe, lewe ek om jou happy te hou.

Ek wil alles doen volgens die boek,

van ophou rook tot ophou vloek

Elke oomblik wil ek aan jou wei

want vir jou het ek vir ewig lief.

Sonder jou is ek in ’n konsentrasie-kamp

waar ek elke sekonde ly.

My lewe was ’n brousel en niks het lekker geproe. Toe ontmoet ek jou:

Jy was al die tyd die verlore bestanddeel wat sou kort in my lewensbaksel.

Die baker man kan nie, my Lief, hy moet by ons kom leer.

Jy, my skat, is my alles, jy is selfs meer as dit. Weet vandag dat ek jou elke sekonde waardeer, en

wanneer ek bid, bid ek nie vir beter dae nie. Ek bid net om dankie te sê dat jy deel is van my lewe.

Maar dis ’n understatement. Jý ís my lewe, die klop in my hart en die lug in my longe, die bloed in my are,

die glans in my hare en my uitkyk op die lewe.

I’ll love you forever