Mode-dans dié seisoen met ballet

Die mode- en trendswêreld dans weer op die maat van die tutu, leggings, bolla-styf-teen-die-kop en alle dinge wat in pastel- en neutrale kleure "vroulik" fluister.

Al wat vrou is, word genooi om op dié maat te dans. Die verhoog is joune. Of, as jy wil, kan jy in neutrale skakerings "verdwyn" met dié styl.

Byna elkeen van ons het ballet gedoen, in een of ander stadium van ons kleintyd. En nou kan ons weer ons kinderdae nostalgies herleef met dié mode-trend!

Jy hoef nie die ballet-styl "suiwer" te dra nie. Kombineer dit met iets in rock-styl, soos 'n swart leerbaadjie of selfs denim.  

Stlering deur Michelle Els Marilyn Monroe
Stilering deur Michelle Els fotograaf:Alison Els foto: -http://www.buycostumes.com
Chloe Chloe
Die modehuis Chloe dans saam fotos: http://searchingforstyle.com

Interessant:
Ballet kom oorspronklik uit Italië, die land van die wêreld se mode-hoofstad, Milaan. Dit het verder ontwikkel in Frankryk.