1. Marokko toe gaan, waar mense hul spiritualiteit passievol, maar doodgewoon uitleef.

2. Leer tjello speel. My tjello was ’n verjaardaggeskenk van my man. Nou lê dit en stof opgaar.

3. ’n Laerug-aandrok dra sonder ’n bra. Vóór my kinders se koms was my boobs te groot, nou neig hulle heeltemal te ver suid!

4. My kinders teater toe vat. Ek kan nie wag totdat hulle oud genoeg is sodat ek hulle aan dié magiese wêreld kan voorstel nie.

5. ’n Boek publiseer. Ek het al ’n naam en ’n geraamte. Nou moet die woorde net kom.

6. ’n Kruietuin plant. Al is dit net vir die hemelse reuke. (Ek kan nie rêrig kook nie.)

7. In ’n fliek teenoor Joaquin Phoenix speel. Wat ’n uitstekende akteur!

8. Tandem uit ’n vliegtuig spring. Ek droom gereeld ek kan vlieg. Ek wil weet of dit só voel.

9. My gesin vat en vir ’n jaar ’n vakansie-oord op ’n eksotiese plek bestuur.

10. ’n 1965-Mercedes 230 SL besit en deur Italië se strate ry. Sommer net.