Annalene Theart (40) van Welgemoed in die Wes-Kaap wou ’n mooimaaksessie hê om haarself te bederf, omdat sy min tyd vir me-time het.

Annalene se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Annalene?

Wat het die mooimaaksessie vir jou geleer?

Ek sou geen van die rokke vir myself in die winkel kies nie. Nou is ek meer avontuurlustig as ek in die winkels is. Ek is ook mal oor die gekrulde hare - ek sal dit definitief weer so probeer dra.

Wat was die lekkerste deel van die mooimaaksessie?

Sommer alles! As ’n ma van baie besige kinders, is daar nie altyd baie tyd vir me-time nie.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja, baie!

Wat was jou vriende/familie se reaksie?

My dogtertjie was vas oortuig ek dra gekleurde kontaklense, want sy het nog nooit my oë só gesien nie.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek gaan probeer om meer moeite te doen!

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Annalene het die mooiste donkergroen oë! Ek het haar oë met ’n swart oogpotlood beklemtoon en dít saam met haar blas vel het haar oë pragtig laat uitstaan. Ek het haar lippe en wange met grimering met perske-ondertone afgerond.

Elaine, stilis

Ek het vir Annalene herfs- en donker kleure met goue juweliersware gekies. Die maroen toppie met bruin stewels het haar spontane persoonlikheid vasgevang.

Annalene het asemrowend gelyk in die lang donkerblou rok. Dit het haar liggaamsbou uitstekend gekomplementeer. Die goue juweliersware het gesorg vir ekstra detail en kleur. Dít het ook goed gepas by die rok se goue middelbelt.

Sy het só elegant en stylvol in die swart rok gelyk - ek het nooit gedink sy sal só mooi lyk nie!

Veronique Mills – fotograaf

Ons beplan elke mooimaaksessie in die grootste detail. Elke kliënt is spesiaal vir ons. Annalene se hare en grimering het haar baie sag laat lyk. Die hout kratte van Mr Price wat ek gebruik het, het so mooi by die klere gepas wat ons vir haar gekies het.

Ek het besluit om baie glimlag-foto's te neem omdat sy ’n borrelende persoonlikheid het en op haar mooiste lyk as sy glimlag.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

WEN ’N MOOIMAAKSESSIE!!

Besoek Veronique Photography se Facebook-blad en soek dié foto. Volg die aanwysings om die kans te staan om jou eie mooimaaksessie te wen!

10154996_769128113120481_4176711036795324735_n

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Mooimaaksessie-pakkette

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER