Carlen se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Carlen?

Was jy verras om jouself in die spieël te sien? 

Ja! Die grimering was nogal dramaties, maar die grimeerkunstenaar het verduidelik dis ’n voorkoms vir die aand. So dit was lekker eksoties.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het

Klassiek en romanties. Die mooimaaksessie het my weer eens gewys dat vleiende, sagte materiale ’n mens baie vroulik laat lyk én voel.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Die fotosessie self was groot pret.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Die grimering sal ’n uitdaging wees aangesien ek ’n vinnige oplossing soek. Hierdie soort grimering neem tyd.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Carlen het die mooiste groen oë en blas vel! Ek het haar oë met ’n donkerbruin rokerige voorkoms beklemtoon. Ek het dit afgerond met ’n sagte pienk blosser en lipstiffie. Haar hare het ek lekker lyf gegee, wat haar beeldskoon laat lyk het!

Elaine, stilis

Carlen het gestraal in al die uitrustings! Haar donker vel en donker hare het die pers uitrustings baie goed gekomplimenteer. Die pers en silwer krale het uitgestaan en dit het die uitrusting goed afgerond. Sy het sprankelend en vroulik gelyk in die elegante, roomkleurige lang rok met bypassende krale van hout. Die swart rok was ook ’n wenner!

Veronique Mills – fotograaf

Wat vir my uitgestaan het van Carlen se sessie, is haar borrelende persoonlikheid. Sy wou net heeltyd grappies maak en ons het lekker gelag. Ek was mal oor die sagte agtergrond met die pers en roomkleurige uitrustings.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

Mooimaaksessie-pakkette

Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER