Christa Melonas (60) is die mede-eienaar van Designer Active Wear en sy bly in Welgemoed, Kaapstad.

Christa before after

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Christa het pragtigste blou oë en hoë wangbene. Ek het haar oë met 'n lekker donkergrys oogskadu beklemtoon. Sy het die mooiste glimlag!

Chanel Sylvester – stilis

Ek het vir Christa klere-items gekies met lyne wat wissel tussen gestruktureerd en sag. Sy het 'n petite lyf en haar persoonlike styl is ook modern, so sy kan sjiek klere met grasie dra. In terme van kleur het ek gehou by koel, neutrale kleure om haar ligte hare en veltoon sagkens te komplimenteer.

Veronique Mills – fotograaf

Christa het fantasties gelyk en ek het 2 ligte kleur agtergronde gebruik vir haar fotos omdat sy blonde hare het. Sy was sommer gou op haar gemak voor die kamera.

Wat sê Christa?

Waarom het jy besluit op 'n 'makeover' vir jouself?

Ek lyk, na my mening, nooit mooi op foto's nie en is ook nie gemaklik voor die kamara nie. Toe ek die ander dames se pragtige foto's sien, het dit my aangespoor om ook myself te bederf .

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?

Ek oefen en hardloop gereeld en voel goed oor my voorkoms.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?

Ek het ‘n klassiek, stylvolle klerekas. Ek trek modern aan, maar volg nie die hoogmodes nie. Ek was verstom oor hoe vinnig die stilis die styl van 'n kledingstuk kon verander en gaan daardie kuns self probeer.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het geweet ek sal anders lyk aangesien ek gewoonlik nie veel grimering dra nie, maar was verstom oor die eindresultaat.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ek kon my eie oë nie glo nie.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Dat hierdie talentvolle span my van 'n gewone vrou in 'n model kon omskep. Die ervaring was fantasties. Die span is só professioneel en Veronique het vir my, wat gewoonlik kamerasku is, gou op my gemak laat voel.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?

My man en die res van die familie was verstom oor die transformasie.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Baie maklik. Die klere wat die span vir my gekies het pas my styl goed en het bevestig dat my klerestyl reg is vir my.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?

Beslis. Om vir ‘n dag so lekker bederf te word en dan nog sulke pragtige foto's van jouself te kry is wonderlik.

Wat het dié mooimaaksessie vir jou selfvertroue gedoen?

Dit het beslis my selfvertoue 'n hupstoot gegee.

Kyk deur Christa se foto-album

Bespreek vir jou ’n mooimaaksessie

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com