Toe Eveleen Toua (26) van Durbanville se suster vir haar ’n mooimaaksessie as geskenk gee, het sy geweet sy is in die goeie hande van die mooimaakspan. Maar die ontwikkelingsfasiliteerder het nie verwag dat sy só mooi gaan lyk nie!

Eveleen se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Eveleen?

Wat beskou jy as jou beste eienskap?

My glimlag en groot bruin oë.

Beskryf jou klerestyl, en wat het jy intussen wysgeraak?

Ek hou van gemaklike, maar stylvolle klere. Ek was mal oor die vroulike gevoel en klere van die mooimaaksessie.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Baie maklik. Ek het wonderlike wenke by die grimeerkunstenaar gekry.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het al van die mooimaakspan se sessies gesien en geweet ek gaan mooi lyk, maar was verras toe ek myself in die spieël sien!

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Ek voel vir seker soos ’n nuwe mens.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Eveleen het die mooiste groot, donker oë. Ek het baie klem op haar oë gesit en haar voorkoms afgerond met ’n sagte perske-pienk lip. Haar hare het ek in sagte, los krulle stileer.

Elaine, stilis

Ons het besluit om perske en wit blomme in haar hare te sit. Dit gee ’n sagte voorkoms. Die oorgroot trui het ’n moderne voorkoms gegee. Die perskekleurige chiffonmateriaal wat ons oor haar drapeer het, is baie vroulik!

Veronique Mills – fotograaf

Vir Eveleen het ons besluit op ’n sagte voorkoms met blomme in die hare en ’n chiffon-drapeersel. Ek was mal oor die sagte gevoel van dié fotosessie.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills