Jacqueline before after

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Jacqueline het die pragtigste lang wimpers met die mooiste mond. Ek het dit met 'n lipglans beklemtoon. Dit was al wat nodig was om by haar sprankelende persoonlikheid te pas.

Chanel Sylvester – stilis

Die klere wat ek vir Jacqueline uitgekies het is vrolik en speels, tog sag, vroulik en eie aan haar persoonlike styl. Ons het ook style gekies wat haar uurglas-figuur komplimenteer.

Veronique Mills – fotograaf

Jacqui se lus vir die lewe is aansteeklik. Sy was heeltemal op haar gemak en ek moes myself herinner dat sy maar net 17 jaar oud is! Ons het die klere, grimering, hare en fotosessie jonk en speels gehou, en dit het baie mooi by haar gepas.

Wat sê Jacqueline?

Waarom het jy besluit op ‘n ‘makeover’ vir jouself?

Dit was vir my professionele portfeulje.

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?

My gesig, hande en voete.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?

My klerestyl is boho, jonk, sag en vrolik.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Soos myself, maar op my héél mooiste!

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Baie tevrede, nie soseer verras nie, want ek't al oormaaksessies vantevore gehad.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Als! Die hare, grimering, klere en moeite maak hiervan 'n droom. Dit was soveel pret!

Wat was jou vriende/familie se reaksie?

Hulle was mal oor die foto's en dink dis baie professioneel

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Baie! Dit is my unieke styl en nie moeilik om elke dag vol te hou.