Jeanine de Ridder (29) van Centurion, Pretoria is ’n persoonlike assistent. Sy wou haarself bederf vóór haar 30ste verjaarsdag.

Jeanine se voor- en ná-foto:

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Jeanine?

Waarom het jy besluit op ’n mooimaaksessie?

Ek word vanjaar 30 jaar oud en het besluit dit sal ’n lekker bederf wees. Ek het ook uitgesien om te sien hoe die mooimaakspan my sal aantrek en wat hulle met my hare en grimering sal doen, want ek was mal oor hulle vorige mooimaaksessies.

Wat dink jy is jou beste eienskap?

My dik bos hare en blou oë.

Beskryf jou klerestyl…

Klassiek en romanties. Ek het ook nou geleer dat ek mooi lyk in pastel kleure.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Ek het geweet die mooimaakspan sal my mooi maak, maar dít het my verwagtinge oortref.

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

Hulle was mal daaroor!

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Baie makliker as wat ek gedink het! Ek dra my hare nou meer gereeld gekrul. Ek dra ook pastelle wat vir my sagter en meer vroulik laat lyk en voel!

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Definitief verbeter.

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Jeanine het ’n baie fyn gesiggie met die groot blou oë. Ek het haar oë met sagte pers skakerings beklemtoon en haar hare lekker baie volume gegee in kontras met haar fyn gesig.

Elaine, Stilis

Ek het vir Jeanine sagte kleure soos ligte pers en vuilpienk aangetrek. Die vuilpienk rok is baie vleiend en die ligte pers rok met die chiffon-lagie is sexy én vroulik. In haar swart rok het sy definitief die wow-faktor!

Veronique Mills – fotograaf

Jeanine was baie maklik om mee saam te werk, omdat sy ’n petite figuur het. Enige posisie werk met haar lyf. Sy het ook ’n fyn gesiggie en baie mooi groot oë wat met die regte grimering en hare mooi op ’n foto lyk.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate FOTO: Veronique Mills KLERE: Slate

Klere van Slate

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills