Joleen Coetzee (39) van Milnerton in die Wes-Kaap se mooimaaksessie het nie oor haarself gegaan nie, maar oor die bewondering wat haar man haar ál die jare gee. Dié grafiese ontwerper het ’n dag uit haar lewe geneem om haarself mooi te maak - vir hom.

Joleen se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Joleen?

Hoe het jy verwag gaan jy lyk? 

Ek het nie verwagtinge gehad nie, maar eerder hoop! Ek het geen idee gehad hoe ek gaan lyk nie, maar gehoop dat ek beter sal lyk as op enige van my foto's.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ek was! My mond het behoorlik oopgehang.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek kan dit beslis toepas en is geïnspireer om navorsing te doen oor grimering wat my beste eienskappe beklemtoon. Ek sal ook belê in ’n paar uitsonderlike kledingstukke wat my gelaat en figuur komplementeer.

Joleen 6

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Joleen is ’n pragtige vrou. Ek het haar lang hare sag gekrul, haar blou oë met ’n donkerbruin oogomlyner beklemtoon en haar voorkoms met ’n perske-pienk blosser en lip afgerond. Haar voorkoms was vars en sy het beeldskoon gelyk.

Elaine, stilis

Joleen se lyf het uitstekend gelyk in elke uitrusting! Die lang, roomkleurige rok het ongelooflik mooi gelyk en die bypassende juweliersware en skouerbaadjie het dit mooi afgerond. Die tierpatroon was iets besonders - dit het ’n speelse voorkoms gegee en ook haar hare en oë uitgebring.

Veronique Mills – fotograaf

Joleen het my werk regtig maklik gemaak en nés ’n model poseer. Haar blou oë het uitgestaan en pragtig gelyk op kamera. Ek het dus gefokus op haar gesig en gespeel met teksture rondom haar gesig, soos die pelsjas.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span gaan 20 -24 Julie 2014 Pretoria besoek om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za