Die 42-jarige Mariette Schwerin van die Paarl het ’n paar stresvolle jare agter die rug en sê dat sy "goor" gevoel het. Sy het besluit a change is as good as a holiday en het vir dié mooimaaksessie gegaan.

Die skoonheidspan gee ook 3 haarwenke aan die einde van dié mooimaaksessie.

Mariette se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Mariette?

Beskryf jou klerestyl, en vertel wat jy intussen wysgeraak het

Baie gemaklik, ek dra gewoonlik langbroeke. Die pastelkleure wat ek tydens die mooimaaksessie gedra het, het my ongelooflik vroulik laat voel.

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Alles het my verwagtinge oortref. Veronique en haar span het my soos ’n model laat voel.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Geskok is ’n beter beskrywing - ek kon nie glo dat ek só kan lyk nie.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Ek is een van “daai” mense wat geneig is om myself blind te staar teen my imperfeksies. Ná die mooimaaksessie en die komplimente besef ek my oë is my grootste bate en ek sal beslis meer moeite doen met my grimering.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Mariette het die mooiste blou oë! Ek het vir haar oogskadu in skakerings van bruin en goud aangewend en ook haar wenkbroue met ’n bruin oogskadu ingevul om haar blou oë te raam. Haar voorkoms is afgerond met ’n natuurlike pienk lip. Sy het gestraal!

Elaine, stilis

Mariette is baie mooi gebou en ek het besluit om haar aan te trek in skakerings van sagte pienk, bruin en wit. Die pienk rokkie het haar baie vroulik laat lyk. Sy het mooi gelyk in die chiffonrok met goue bykomstighede. Die wit rokkie is baie vroulik en die turkoois detail om haar nek het haar oë mooi gepas. Die swart kantnommertjie het ons asem weggeslaan. Mariette het ongelooflik daarin gelyk!

Veronique Mills – fotograaf

Dit was so spesiaal om vir Mariette voor die kamera te hê. Ek het besluit om haar sessie se styl lig en vroulik te hou. Ons het ’n ligte agtergrond en sagte kleure gebruik. Ek dink dié sessie het wonderlike foto's opgelewer!

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

3 haarwenke

Die mooimaakspan is bevoorreg om ’n baie gewilde salon vir ons mooimaaksessies te gebruik. Nadia van Prohair gee raad oor haarstyle:

Gesigvorm

As jy ’n ronde gesigvorm het, moet jy ’n asimmetriese styl dra sodat jou gesig meer ovaalvormig lyk.

Haarkleur

As jy wonder watter haarkleur die beste by jou sal pas, sit die kleur teen die binnekant van jou arm. Dié deel van jou lyf is die naaste aan jou natuurlike ondertoon.

  • Mense met ’n koel velkleur (gewoonlik mense met ligblou oë en 'n ligte vel) moet warmer kleure kies, maar wegbly van haarkleur wat té donker is
  • As jy ’n warm velkleur het, kies koeler kleure soos blond en ligbruin

Tyd

Wanneer jy ’n haarstyl kies, neem in ag hoe baie tyd en geld jy bereid is om te spandeer op die instandhouding van die styl. As jy byvoorbeeld gaan vir ’n kort pixie-haarstyl, moet jy bereid wees om dit minstens elke 6 weke te laat knip om die vorm en styl in stand te hou. As jy besluit om jou hare blond te kleur, moet jy ook elke 6 weke jou salon besoek en een keer per maand ’n reinigingsjampoe gebruik om die kleur mooi te hou.

Wat hierdie mooimaaksessie spesiaal maak

Mariette het nie baie foto's van haarself nie! Ons het haar gevra vir ’n foto om ’n idee van haar grimering en klere te kry, en sy het nie een gehad nie!

Dit was so spesiaal om haar mooi te laat voel en ’n slag vir haar man foto's te kon neem van sy pragtige vrou.

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span kom binnekort Pretoria toe om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za

Kyk HIER na nóg mooimaaksessies