Sonia Grunewald (42) het vir haar vriendin Gill Harding (52) ’n mooimaaksessie as geskenk gekoop, maar het sommer toe besluit om saam met haar te gaan vir dié spesiale mooimaaksessie. 

Sonia se voor- en ná-foto

Sonia Grunewald FOTO: Veronique Mills Sonia Grunewald
FOTO: Veronique Mills

Gill se voor- en ná-foto

Gill Harding FOTO: Veronique Mills Gill Harding
FOTO: Veronique Mills

Wat sê hulle?

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?

Sonia: Ek het ’n baie ontspanne styl. Ek gaan definitief nou na ander style en kleure in die winkels kyk.

Gill: Geen frilletjies, klassieke styl werk die beste vir my.

Wat was die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Sonia: Hoe natuurlik hulle my grimering gedoen het.

Gill: Om my grimering professioneel te laat doen.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Sonia: Dit het my laat besef dat met ’n bietjie moeite kan ek ook mooi lyk.

Gill: Dit het my ’n hupstoot gegee en laat voel asof ek steeds mooi kan lyk.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Gill het die mooiste blou oë wat ek met ’n swart oogpotlood beklemtoon het. Sonia het ook net sulke mooi oë! Sy dra nooit grimering nie, maar die oogpotlood, blos en verbronser wat ek gebruik het, bring haar natuurlike skoonheid beslis na vore.

Elaine, stilis

Vir Gill en Sonia se mooimaaksessie het ek swart en skakerings van blou gekies. Gill het pragtig gelyk in die koningsblou oorvourok. Ek het die uitrustings gekombineer met groot oorbelle wat die aandag trek. Gillian sal koppe laat draai in die swart somersrokkie met bypssende swart-en-silwer halsnoer. Sonia het weer baie mooi gepas in die swart toppie met kant-detail. Haar blou uitrusting met die krale-detail om die neklyn was ’n wenner vir haar lyf.

Veronique Mills – fotograaf

Hierdie twee vriendinne was voorwaar ’n fees om in die ateljee te hê. Sonia het ’n borrelende persoonlikheid en Gillian is meer stil. Hulle albei was aanvanklik sku vir die kamera, maar toe hulle eers ontdooi het, het ons baie pret gehad!

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Blou oorvourok, blou rok met krale, swart rokke en halsnoer van Slate, Willowbridge

Blou rok met kant-detail van Reverse Clothing

Oorbelle van Bijoux Jewelery

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

Sonia Grunewald FOTO: Veronique Mills Sonia Grunewald
FOTO: Veronique Mills

Gill Harding FOTO: Veronique Mills Gill Harding
FOTO: Veronique Mills

Mooimaaksessie-pakkette Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER