Zuannè-Marié Joubert (47) is ’n verpleegster en skrywer van Pretoria. Sy was lus vir verandering en dié mooimaaksessie was net een van die veranderinge wat sy aangebring het.  

Zuannè-Marié Joubert se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Wat sê Zuannè-Marié?

Waarom het jy besluit op ’n 'makeover' vir jouself?

Ek was lus vir ’n verandering in my lewe - my hare, my klere, my gewig, my werk, my omstandighede. Die enigste ding wat ek dadelik kon verander was my haarstyl. Toe gryp ek ’n skêr twee dae voor my 47ste verjaardag en sny my lang hare sommer self kort - baie kort - net om aan myself en almal te bewys ek bedoel wat ek sê.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het?

Klassiek. Daar is klere in my kas wat dekades oud is en ek kan dit steeds vandag dra. Ek het geleer dat ek meer moet speel met styl en flirt met iets meer uitdagend.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja! Ek dra baie min grimering, gewoonlik net lipstiffie en maskara. Ek het nie besef ’n bietjie meer grimering kan my pragtig, maar steeds natuurlik laat lyk nie.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Glad nie moeilik nie. Ek het sommer dadelik vir my klere begin koop met bietjie meer oemf en panache.  Dit is nie altyd nodig om ’n 'streng' baadjie-pak werk toe te dra nie, ’n vleiende rok is ook aanvaarbaar.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Sommer baie. Dit was die begin van die verandering waarna ek gesmag het!

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Zuannè-Marié het die mooiste gesigvorm en pragtige hoë wangbene. Ek het die are onder haar oë ligter gemaak om haar oë ’n varser voorkoms te gee.

Elaine, stilis

Ons het vir Zuannè-Marié elegante swart gekies met ’n mooi onderbaadjie van kant. Ons het ook ’n sagte pink rok uitgekies wat ’n stylvolle, tog sagte voorkoms gegee het.

Veronique Mills – fotograaf

Zuannè-Marié is ook ’n skrywer (sy het ’n boek geskryf oor straatkinders) en wou graag ’n foto hê om agter op haar nuwe boek te sit. Daarom het ons stylvolle foto's geneem en die klere wat ons gekies het het dít gekomplementeer.

(Klik op die foto om te vergroot)

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills  KLERE: Slate FOTO: Veronique Mills
KLERE: Slate

Mooimaaksessie-pakkette Kyk na al die vorige mooimaaksessies HIER