Dié programwat ’n jaar duur, gee menseuit voorheen benadeelde gemeenskappe die kansomswak skoolprestasies te oorbrug.

Ek wou graag verder studeer, maar het nie goed gevaar in sommige vakke op skool in die Lebowakgomo-distrik buite Polokwane nie. My pa, Michael, en ma, Geraldine, het groot drome gehad dat ek ’n ingenieur moet word, maar my punte was net nie goed genoeg nie. Ek het gedroom van geoloog word en gewens my onderrig op skool en insig in die vakke was beter. Ek weet nie of die onderrig swak was en/of ons net te veel van byvoorbeeld wiskunde-onderwyser verwissel het nie, maar ek het ná matriek besef my kanse is skraal om vir verdere
studies te kwalifiseer.

Ek het van die oorbruggingsprogram by die US gehoor en is ongelooflik dankbaar vir die kans wat dit my gegee het om my punte te verbeter. Saam met my het talle mense die kursus gedoen wat nooit vir dokters, ingenieurs en wetenskaplikes sou kon studeer as die kursus nie die boustene vir verdere studies voorsien het nie. Dit gee jou selfvertroue en ’n stewige grondslag vir jou studies.

My B.Hons. in aardwetenskappe beteken vir my soveel meer as net ’n graad. Dis ’n toekoms wat ek nie sou gehad het sonder daardie tweede kans nie. Ek het nou ’n baie goeie pos as geoloog by Petro SA in Parow. Ek dink so dikwels hoe maklik ek my drome sou misgeloop het as ek nie die geleentheid aangegryp het nie. Ek en baie ander kursusgangers is nou meesters op ons vakgebiede en ons floreer in ons werk.”

Vir meer inligting oor die kursus:

Skakel 021 808 3689 tussen 08:00 en 13:00.